
VF Plus hou vulstasies dop wat brandstof terughou
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus verwelkom die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, se waarskuwing aan vulstasies wat brandstof terughou, aangesien dit onwettig is. Die minister het tydens 'n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gesê enige doelbewuste poging om brandstof van die mark te weerhou sal nie geduld word nie. Wynand Boshoff van die VF Plus sê daar is tans geen brandstoftekorte in Suid-Afrika nie, en daar word ook nie tekorte verwag nie, maar talle vulstasies en groothandelaars het blykbaar nie diesel nie:

