Australië keer Iraniërs met toeristevisums tydelik van inkoms

Loading player...
Die Australiese regering gaan Iraniërs met toeristevisums tydelik keer om die land binne te kom en sê hulle tree in nasionale belang op. Dit volg te midde van vinnig veranderende toestande wêreldwyd. Die stap beteken meer as 7 000 mense wat reeds Iranse besoekersvisums het, kan nie die land binnekom nie. Die aankomsbeheerbepaling bly vir ses maande van krag. Die minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê sekere Iraniërs sal steeds Australië toe kan reis, insluitend diegene met langertermynvisums of mense met kinders of gades in die land:
26 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibaas lig spesialis-moordenaars in bedryf uit

Die taxibaas Joe "Ferrari" Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie…
28 Aug 11AM 1 min

Nasionale Raad sluit suksesvolle sitting af

Die tweede gewone sitting van die 7de Nasionale Raad, wat op 17 Augustus begin het, het vandag afgesluit en gaan in reses. Die derde sessie is vir 30 November geskeduleer. Tydens die pas afgelope sitting het die Huis die Wet op Geestesgesondheid aangeneem en verskeie verslae van parlementêre komitees en…
28 Aug 11AM 1 min

Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk

Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie…
28 Aug 10AM 1 min

Hoekom is NNN se aansoek vir Auasblick-grond 'privaat'?

Opposisieraadslede by die Stad Windhoek eis regsduidelikheid oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se private aansoek om munisipale grond in die Auasblick-voorstad te bekom. Die aansoek, gedateer 21 Mei, dien nou voor die stadsraad en dek ses erwe van ongeveer 1,8 hektaar. Tydens Donderdagaand se gewone raadsvergadering het AR-raadslid Kavetu Maitjituavi bevraagteken…
28 Aug 10AM 1 min