
Oorstromings by Chobe-rivier veroorsaak chaos
Loading player...
Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde diere is op eilande saam met gemeenskappe en hul vee gestrand, en Lamprecht sê hy hoor berigte van 'n seekoei wat in a skool skuil.

