GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
44 – 64

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat…
24 Nov 2021 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort

Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë…
17 Nov 2021 4 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie)…
11 Nov 2021 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie)…
11 Nov 2021 18 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe!

Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie…
3 Nov 2021 10 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help…
27 Oct 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin

Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is…
20 Oct 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop

Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande…
12 Oct 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Niks is onmoontlik nie!

By die ingang van Ettiene Ludick se kamer hang daar ‘n bordjie wat sê: ‘Niks is onmoontlik nie’. Ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te ervaar. Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS, en daarom, is niks inderdaad vir hom onmoontlik nie. Ettiene Ludick is ‘n…
6 Oct 2021 6 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Angel

Martie Breedt het ‘n hulpkreet aan GROOTfm 90.5 gerig aangaande haar jongste dogter, Angel. Angel is gebore met ‘n waterhofie, en die jongste van vyf kinders (8). Hulle grootste behoefte? ‘n ‘Hoist’ vir Angel wat teen ‘n spoed groei, wat dit moeilik maak vir Ma Martie om haar 24/7 op…
28 Sep 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Prinses Beandrie

Beandrie Booysen, Mamma Bea en Marie Venter het gister by ons in die ateljee vir ‘n regstreekse JouMenseMyMense-insetsel. Beandrie, is tans die oudste Progeria-leier in Suid-Afrika. Progeria is ‘n sindroom wat veroorsaak dat kinders ongeveer sewe-maal vinniger verouder. Sy het net een behoefte end room…Om die oudste progeria-leier in Suid-Afrika…
23 Sep 2021 15 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37

Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf. Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek. Ons het die voorreg gehad…
14 Sep 2021 11 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer die berge blou bly

Chantelle het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om haar sussie, Caroline en haar man, Henry te help. Hulle kry bitter swaar. Hulle woon aan die voetpunt van die Magaliesberg, en kyk gereeld op om te kyk waar hulle hulp vandaan kom. Hulle weet hierdie is nie…
7 Sep 2021 5 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Moedverloor se vlakte het ‘n adres

As jy ooit gewonder het waar presies moedverloor se vlakte lê, het ons vir jou die adres. Desire de Beer, haar vier kinders en haar Ma, Tannie Henda, en haar Pa is deur diep waters. Behalwe vir die dorre omstandighede waarin hulle hulself bevind, het hulle op 31 Julie vanjaar,…
1 Sep 2021 8 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers

Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het. Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly…
25 Aug 2021 9 min

Luisteraars Terugvoer- Maryke

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
18 Aug 2021 2 min

Versorg die Versorger, Reeks DRIE

Die vlae en vrae oor die Covid 19-pandemie hou aan om Suid-Afrikaners se gemoedere soos ‘n tsunami te bekruip en bedreig. Dis toe wat Schalk Mulder van Immunadue, en Riëtte Oosthuizen van Riëtte Oosthuizen Prokereurs einde Julie met GROOTfm 90.5 kontakmaak. Hulle sê beide die gesondheids- en voorste linie werkers…
18 Aug 2021 6 min

JMMM 11 AUG - Francois Retief, Hemelkind

Sonja en Francois Retief se lewens het op 21 September 1996 onherroeplik verander. Francois is as 11-jarige sportster die aand omstreeks 18:00 deur ‘n man met sy voetuig raakgery. Die dokters het na Francois se ongeluk gesê sy lewensverwagting is slegs vier maande. Hulle het hom huis toe gestuur "om…
11 Aug 2021 12 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Michelle Nel

‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy…
4 Aug 2021 8 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee

Martin Matthee is ‘n GROOT luisteraar wat vir 23ure van sy dag na GROOTfm 90.5 luister. Hoekom nie 24ure nie? Dis ‘n uur waarin hy en sy geliefde, Christine Botha, na hul sepies kyk. Christine het vir ons ‘n boodskap gestuur en gevra of ons nie kan help met herstelwerk…
27 Jul 2021 4 min
44 – 64