Jou Mense My Mense saam met SPAR – Michelle Nel

‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy ‘n tweeling seun en dogter wat beide nog op skool is. Sy het haar werk verloor tydens die inperking, en net nog nie weer ‘n kans gekry om te werk nie, ondanks haar CV wat al na duisende instansies toe gestuur is. Sonder ‘n werk raak haar skuld net meer, en haar gat net dieper.

Michelle wil met haar hele hart weer op haar voete kom, ter wille van haar kinders. Haar huisskuld en kinders se skoolfonds is buite bereik van inhaal sonder ‘n vaste inkomste. Haar grootste wens om net weer te kan asemhaal, en sorgloos in ‘n borrelbad te lê.