#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

--:--
Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het.

Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, hulle seun Owen, skoonma en Ashleigh se ma is in nood gedompel. Ettiene, wat die broodwinner was, vat elke dag stap vir stap in sy pad na genesing na hy in September-maand vier beroertes gely het. Hulle mediese onkostes strek bo R90 000, maar hulle het ‘n dak bo hul koppe. Vyf mense is afhanklik van hierdie veilige vesting, en hulle huur is ook agterstallig.

Ettiene het al baie vordering getoon, en loop nie meer met sy kierie nie. Dokters-verslae toon ook geen tekens van brein- of permanente skade nie, alhoewel hy weer van voor af moet leer loop en praat. Hulle ontdek ook vier bloedklonte. Ons is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Sy is moeg en moedeloos, maar verklaar die heeltyd dat “die Here in beheer is”. Hulle gesin is ‘n gelukkige gesin, en hulle besef die pad na genesing en herstel is nog lank. Hulle is dankbaar vir mekaar, vir elke mens wat deelvorm van hulle ondersteuningsnetwerk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
9 Nov 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’

TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle…
26 Oct 2022 10 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Zavian Ainslie

Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net…
19 Oct 2022 9 min