ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

#ALT-Fokus - Shortstraw | 3 September 

Shortstraw is hierdie week se #HOOF-fokus en Venita gesels met die manne oor hulle nuutste EP, Everything In Between. Sy leer meer oor die beginjare van die band en wat hulle al vir die afgelope 17 jaar suksesvol in die musiekbedryf hou.
3 Sep 28 min

#GROOTtrauma | 2 September 

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Hoe raak mens ontslae van vervalde of ongebruikte medisyne? >Hoekom sien ons skielik soveel kinder-siektes in Pretoria? >Dr Pierre Nel gesels oor die veld van onkologie en Oscar Chelusky se nuwe kanker behandeling >Dr Jaco…
2 Sep 43 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Preston Pablo | 2 September

Al die pad van Kanada af! Preston Pablo gesels met Venita oor sy musiekloopbaan en die nuwe musiek wat hy in 2026 vrygestel het. Hy leer Venita sommer ook ’n ding of twee oor hoe om die Kanadese winters te oorleef, terwyl sy intussen haar khaki en vellies-pakkie regmaak vir…
2 Sep 35 min

Wêreld Mondhigiënemaand - Brussouw Holistic Health Solutions

September is Wêreld Mondhigiënemaand – 'n goeie herinnering dat 'n gesonde mond oor veel meer as net 'n mooi glimlag gaan. Goeie mondhigiëne kan jou algemene gesondheid beïnvloed en help om tand- en tandvleissiektes te voorkom. Sarina gesels met Marguerite Brussow van Brussouw Holistic Health Solutions oor eenvoudige gewoontes wat…
3 Sep 6AM 17 min