ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Ruben Namibia gesels oor Cindy die bobbejaan

Ons groet vandag ’n ware dier-ikoon – Cindy Crawford, die bobbejaanwyfie wat vir meer as 30 jaar deel was van Ruben Lambrechts en sy familie se unieke dieregemeenskap op Simmenau in Namibië. Cindy het wêreldwyd harte gesteel met haar avonture, haar sagtheid en haar besondere band met mense én diere…
22 Jan 4AM 8 min

VERSKILMAKERS: Clothes to Good

Vandag gesels ons met ’n organisasie wat letterlik hoop maak uit wat ander as “afval” beskou. Clarice Greyling is verbonde aan Clothes to Good, ’n organisasie wat gebruikte klere omskep in werksgeleenthede, ondernemings en nuwe waardigheid, veral vir mense met gestremdhede en vroue regoor Suid-Afrika.
22 Jan 3AM 8 min

Aktualiteit: Bek-en-klouseer uitbreking kniehalter vee-en-melkboere

Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat plaas enorme druk op Suid-Afrika se stoetbedryf, met veilings wat landwyd gekanselleer of uitgestel word en ernstige finansiële verliese vir boere en die breër landbouwaardeketting. Ons gesels nou met ’n Jack Armour van Vrystaat Landbou beter te verstaan wat hierdie krisis beteken, hoe…
21 Jan 5AM 8 min