Versorg die Versorger, Reeks DRIE

--:--
Die vlae en vrae oor die Covid 19-pandemie hou aan om Suid-Afrikaners se gemoedere soos ‘n tsunami te bekruip en bedreig. Dis toe wat Schalk Mulder van Immunadue, en Riëtte Oosthuizen van Riëtte Oosthuizen Prokereurs einde Julie met GROOTfm 90.5 kontakmaak. Hulle sê beide die gesondheids- en voorste linie werkers het ons nodig. ‘Kan ons nie iets doen nie?’, het hulle ons gevra. Ons het hulle vlees vroeër die jaar bederf, en toe hul gees…nou vir iets wat hulle weer sal herinner dat hulle waardeer word, gesien word, en geliefd is! Dat hulle waagmoed en hardwerkendheid ons inspireer.

Ons wou vir hulle iets volhoubaar gee. Iets wat hulle elke dag kan herinner. Die antwoord? ‘n Koffiebeker met die woorde: ‘Thank you for everything you do. Fill this cup, and cheers to you.’ Agterop is daar ‘n skrifgedeelte wat die Here so duidelik aan ons gegee het. 2 Corinthians 20:17 – “You will not have to fight this battle. Take up your positions; stand firm and see the deliverance the LORD will give you. Do not be afraid; do not be discouraged. Go out to face them tomorrow, and the LORD will be with you.”

Saam met die koffiebekers, het 1 000 mense van 50 onderskeie instansies – van Lancet en Ampath laboratoriums, tot ‘n mobiele toetssentrum van die Departement van Gesondheid, en 10 hospitale – botteltjies Immunadue ontvang, en koffie-, tee- en warm-sjokolade-sakkies met ‘n paar lekker happies met liefde van SPAR.
18 Aug 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min