Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin

--:--
Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is. Ons bid en vertrou vir goeie nuus. Colin, haar man van die afgelope 28-jaar, was saam met sy broer in besigheid, maar moes die besigheid toemaak as gevolg van die nagevolge van die Covid 19 inperking. Hulle oorleef van skenkings – kos, toiletware en klere – en soek intussen hard na uitkoms vir hulle twee seuns, Donovan (27) en Jaedon (12) wat lei aan ‘n baie skaars bloedsiekte, genaamd Fanconi Anemie. Tans is daar ook geen inkomste wat gegenereer word nie.

Jaedon het tydens ons kuierdag verjaar. Toe ons daar instap, terwyl Ma Lida by ‘n werksonderhoud was, het albei seuns geslaap op een bed. Hulle is swak as gevolg die bloedsiekte, Fanconi Anemie – 'n oorerflike siekte wat ontstaan as gevolg van beskadigde beenmurg. Albei seuns word baie maklik blou, ervaar kroniese moegheid en begin hulle tandvleis en neuse onderskeidelik spontaan te bloei. Ma Lida vertel ons dat hulle beddegoed en klere al so vol bloedvlekke is. Daar is ook nie ‘n wasmasjien om te help met die skoonwas nie.

Donovan en Jaedan kan nie buite die huis gaan nie, omdat hulle immuniteit uiters kwesbaar is. Ons word ontvang deur Pa Colin, wat soos ‘n ‘loser’ voel omdat hy nie na sy gesin kan omsien nie. Hy is oor die 6 ft, met ‘n hart wat oorloop van sagmoedigheid. Pa Colin is hard opsoek na werk. Dis maar een oplossing. Die ander een? ‘n Beenmurg en bloedplaatjie-oorplanting. Maar, eers moet Donovan en Jaeden ‘n ‘match’ kry. Dis die moeilikste deel van die proses, maar dan, kom die honderde duisende rande wat die operasie gaan kos.
20 Oct 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min