Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop

--:--
Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande oue babatjie is. Daar is nie kos in die huis nie, maar, daar is geloof, hoop, en bo alles, liefde!

As pappa en mamma van hulle gesin voel Martin en Heleen ongekende skuldgevoelens. Hulle noem dat hulle 11-jarige seun tans die een is wat hulle positief hou. Dat hy self ‘n R5 wat hy met ‘n karwas verdien aan hulle gee. Hy en sy 7-jarige sussie woon nou by hulle peetma – ‘totdat dinge beter raak’, sê Heleen met trane in haar oë. Hulle grootste wens is om nie weer in ‘n plakkerskamp te beland nie – hulle het reeds tweekeer uit hierdie tipe omstandighede gestyg. Hulle grootste behoefte is ‘n werk vir Martin – iemand wat vir hom ‘n kans sal gee.

Ons het hulle die geleentheid gegee om hulle storie met ons te deel.
12 Oct 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min