#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

--:--
Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat die Here eintlik gratis vir ons gee’. Gerda en haar man, Gerhard, probeer tans kop bo water hou deur ‘fudge’ te verkoop – aangesien Gerda nie kan werk nie.
Haar grootste maandelikse uitgawe is haar suurstof, iets wat ons so maklik vanselfsprekend en voor die hand liggend aanvaar. Haar grootste wens is om ‘n groter, statiese suurstoftenk te kan bekostig, dan hou die suurstof ook langer. Hierdie tenk kos R30 000. Nie net het Gerda ‘n kroniese longsiekte nie, maar is ook siggestremd met ongeveer 5% sig in haar oë. Sy noem dat daar ‘n voordeel hieraan is – ALMAL is vir haar mooi! Sy sien nie die merkies of plooie of pigmente nie, net die volheid van mense se skoonheid. Dit wat sy sien is inderdaad gevestig in haar geestesoë, en nie haar oë nie. Haar sig word bepaal deur die waarheid wat in haar hart lê.
Gerda, dankie dat jy leef! In HOOFLETTERS! Dankie dat jy lag ten spyte van soveel redes om te huil! Dankie dat jy bly staan ten spyte van soveel redes om te bly lê! Dankie Gerda, dat jy ons, en soveel ander met jou verhaal en storie inspireer!
24 Nov 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min