Maroela Media

Maroela Media

Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.
South Africa
33 Podcast shows
12 – 32

Liewe Leser

Hilde Kruger van Solidariteit Helpende Hand deel inspirerende briewe vir die feesseisoen.
27 Nov 2025 31 episodes Afrikaans Christianity

Kambrokind

Die boek, “Kambrokind”, deur FA Venter, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. FA Venter skryf oor sy jeugherinneringe van sy voorskoolse jare tot op universiteit. Hy vertel hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken het, hoe hy homself kon wees in die veld en sy…
4 Aug 2025 43 episodes Afrikaans Read by Voorgelees deur Pietie Beyers Drama · History

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
2 Sep 2025 106 episodes Afrikaans News

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en…
17 Feb 2025 120 episodes Afrikaans Drama

Promosies

Luister na onderhoude met mense wat produkte of dienste verkoop. Dit word vervaardig deur Maroela Media.
28 Jul 2025 11 episodes Afrikaans Business

Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans…
2 Jul 2025 196 episodes Afrikaans Education · Kids & Family

Koelbloedig

Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings. "Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.
23 Apr 2025 19 episodes Afrikaans True Crime · Daily News

Verantwoordelike vuurwapenbesit

Die kwessies rondom vuurwapenbesit bly maar ingewikkeld, en mense het gewoonlik sterk opinies daaroor. Met Suid-Afrika se misdaadsyfers kan ʼn mens wel verstaan as iemand ʼn vuurwapen wil aanskaf. In dié reeks wil ons jou toerus om ʼn verantwoordelike vuurwapeneienaar te wees. Ons beantwoord jou vrae oor vuurwapenlisensies en -opleiding…
28 Nov 2024 6 episodes Afrikaans How To

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur…
13 May 2024 120 episodes Afrikaans Drama · Fiction

Sportnuus

Die jongste sportnuus in Afrikaans. Vervaardig deur Maroela Media.
28 Jun 2024 1AM 197 episodes Afrikaans Sports · News

Die pad na selfbestuur

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.
23 Sep 2021 23 episodes Afrikaans Books · Government

Inkommers

Die boek, "Inkommers", deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil…
28 Nov 2023 20 episodes Afrikaans Read by Su-an Müller-Marais Drama · History

Podlitiek

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
11 Dec 2023 257 episodes Afrikaans News

Podvoeding

"Podvoeding", ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en Maroela Media, is ’n reeks gesprekke oor die toekoms van begronde, Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Daar is talle krisisse in die onderwys, maar daar is ook oplossings. Daar is hoop en die hoop is ’n omvattende opvoedingsideaal. Dink saam met ons, praat…
2 Jun 2023 19 episodes Afrikaans Education

Hoor hier

“Hoor hier” is Maroela Media se oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
25 May 2023 56 episodes Afrikaans Personal Journals

Wimpers op lakens

‘Wimpers op lakens’ , ʼn kortverhaalbundel wat deur Sophia Kapp geskryf is, gaan oor die bekende fotograaf Albert Bredenhann se stories en ervaringe van vroue se leefwêrelde. Kom luister saam na Albert se voorlesings van stories soos “Die kind”, “Tot die dood ons skei”, “Letsels” en “Die storie van ʼn…
7 Mar 2023 10 episodes Afrikaans Fashion & Beauty · Personal Journals

Fletcher, die perd

Fletcher is ʼn wit perd met bruin vlekke op. Hy woon op ʼn plaas by sy twee maats, Christiaan en Lallie, se pappa en mamma. Christiaan is nou 9 jaar oud met bruin hare en blou ogies. Lallie is 6 jaar oud met lang blonde hare en blou ogies. Fletcher…
23 Sep 2022 13 episodes Afrikaans Read by Elana Barker Kids & Family · Christianity

#HoeNou?!

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit)…
25 Feb 2022 52 episodes Afrikaans Education

Kamer van verlate verhale

Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn. Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy…
29 Oct 2020 12 episodes Afrikaans Drama

Griekwagebede

Verskeie oorspronklike gedigte deur Hans du Plessis in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes oor die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos van die gelykenisse.
1 Apr 2020 73 episodes Afrikaans Read by Veronica Geldenhuys Books · Christianity
12 – 32