Maroela Media Strandloper – ʼn vervolgverhaal

Strandloper – ʼn vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak.

Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie.

Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal Strandloper, geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama · Fiction
33 Episodes
1 – 20

Strandloper – Episode 1

Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit…
Season 1 / Episode 1 9 min

Strandloper – Episode 2

Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry hy ʼn oproep wat hy ongemaklik…
Season 1 / Episode 2 10 min

Strandloper – Episode 3

Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te versorg. Dít is ʼn plofbare situasie in…
Season 1 / Episode 3 11 min

Strandloper – Episode 4

Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek. Hoekom is almal op hol oor sy verdwyning?
Season 1 / Episode 4 10 min

Strandloper – Episode 5

Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?
Season 1 / Episode 5 9 min

Strandloper – Episode 6

Mauritz maak klaar om te gaan duik. Willie waarsku hom om ekstra versigtig ná die skietery te wees. Hulle spekuleer, soos almal, oor die voorval by die hawe. Mauritz onthou van die briefie die vorige aand en Dylan se woorde, “my luck sal draai”, wat Willie twee en twee bymekaar…
Season 1 / Episode 6 10 min

Strandloper – Episode 7

Nicolien is verstom oor die ware stories wat Dylan haar van die visvywers op Bloubaai vertel. Sy loop Mauritz by Geel Walle raak waar hy pas klaar geduik het. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is vreemde mededuikers, en hulle twee kry ʼn onwelkome verrassing.
Season 1 / Episode 7 9 min

Strandloper – Episode 8

Tannie Ouvrou en Oom Fred het een van hulle vele uitbarstings in die losieshuis. Engela leer hoe om Seewierjellie te maak wat ʼn feestelike Bloubaai-nagereg is. Daar is groot kommer oor Mauritz wat nie met die geleende bakkie opdaag ná sy duikery nie.
Season 1 / Episode 8 9 min

Strandloper – Episode 9

Willie besoek Engela by Die Seekat-restaurant om haar handtekening vir die casinopetisie te kry, maar hy kry ʼn antwoord wat sy asem wegslaan en wat hulle verhouding verander. Dit is duidelik dat Bloubaai in twee geskeur word deur Jack de Wet se aksies.
Season 1 / Episode 9 10 min

Strandloper – Episode 10

Oom Fred terg Mauritz oor die twee aantreklike Spaanse duikers wat vir ʼn duikkursus by hom aangekom het en boonop ook by die losieshuis tuisgaan. Dylan se koffiekiosk boer agteruit, en die casinogedagte word al hoe aantrekliker vir hom.
Season 1 / Episode 10 9 min

Strandloper – Episode 11

Nicolien hoor by Engela hoe die twee Spaanse vroue wat saam met Mauritz duik oor hom swymel. Sy probeer Engela oorreed om saam te gaan na ʼn oefening van seeredding, maar Engela het haar bedenkinge – veral omdat Willie daar gaan wees.
Season 1 / Episode 11 10 min

Strandloper – Episode 12

Tannie Ouvrou se rustige aand by die losieshuis word versuur deur Oom Fred wat ontstellende nuus met haar deel. Jack de Wet se naam kom weer ter sprake, die man wat Bloubaai wil verander met sy casinoplanne. Hoekom gaan Tannie Ouvrou hom nie teë nie? Sy kry ʼn SMS wat…
Season 1 / Episode 12 9 min

Strandloper – Episode 13

Willie en Tannie Ouvrou loop op Dylan se spoor ná Bobbi se boodskap. Hulle het rede om onrustig te wees, want dieselfde boodskap duik weer op: “Jou luck het gedraai.” Dinge is aan die verander tussen Willie en Engela.
Season 1 / Episode 13 9 min

Strandloper – Episode 14

Nicolien se dagboek hoor van haar diepste hartsgeheime. Dylan soek dringend na Mauritz oor ʼn noodsituasie. Nicolien moet saam met hom inspring in ʼn dapper reddingspoging. Versag dit Mauritz se hart teenoor haar?
Season 1 / Episode 14 11 min

Strandloper – Episode 15

Dit is Oom Fred se verjaarsdag, maar eintlik ʼn dag wat hy nie wil vier nie. Tannie Ouvrou bederf hom, en Mauritz sorg vir ʼn verrassingspresent wat almal in die Son en See-losieshuis weer aan die lag het.
Season 1 / Episode 15 10 min

Strandloper – Episode 16

Oom Fred se verjaarsdagbrakkie kry ʼn naam. Mauritz kry die jongste nuus oor die perlemoenstropers én ʼn waarskuwing van Oom Fred oor sy duikery. Nicolien probeer Mauritz oor die Haliartus-skeepswrak en sy pa se skielike duikdood uitlok, maar sy loop haar weer vas.
Season 1 / Episode 16 10 min

Strandloper – Episode 17

Nicolien is verras met Dylan se oulike planne vir sy kiosk. Hy het net een doel, en dit is om meer geld te maak. Sy gee nie op om die waarheid oor die dood van Mauritz se pa uit te vind nie en besoek Willie wat sy destydse duikmaat was…
Season 1 / Episode 17 10 min

Strandloper – Episode 18

Engela en Willie se verhouding kry weer koers ná die casinopetisie. Is dit begrip en omgee vir mekaar of liefde wat hulle saambind? Tannie Ouvrou waarsku Engela oor haar en Willie se verhouding, en Engela word gedwing om ʼn drastiese besluit ter wille van haar dogtertjie te neem.
Season 1 / Episode 18 11 min

Strandloper – Episode 19

Jack de Wet sorg vir groot nuus oor die casinobesluit wat almal, ook vir Tannie Ouvrou, onkant vang. Oom Fred is beïndruk met Dylan se nuwe voorbeeldige lewe. Maar kan Dylan vertrou word? Tannie Ouvrou kry ʼn kookles oor die tradisionele “Langsous”.
Season 1 / Episode 19 10 min

Strandloper – Episode 20

Engela se besluit oor haar en Willie se vriendskap maak verskeie emosies in haar wakker. Daar is groot drama by Mauritz se Surf Shack en opnuut vrae of dit ʼn ongeluk, misdaad of stropers se werk was. Nicolien wonder of sy ooit nader aan die hart van die Strandloper sal…
Season 1 / Episode 20 10 min
1 – 20