Maroela Media

Maroela Media

Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.
South Africa
21 Podcast shows
1 – 20

Maroela-onderhoude

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
8 Jun 790 episodes Afrikaans News · Kids & Family

ToekomsVenster

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
8 Jun 7AM 1,310 episodes Afrikaans Christianity

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
8 Jun 247 episodes Afrikaans Automotive

Podlitiek

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
8 Jun 248 episodes Afrikaans News

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
6 Jun 26 episodes Afrikaans News

Podvoeding

Podvoeding, ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en Maroela Media, is ’n reeks gesprekke oor die toekoms van begronde, Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Daar is talle krisisse in die onderwys, maar daar is ook oplossings. Daar is hoop en die hoop is ’n omvattende opvoedingsideaal. Dink saam met ons, praat…
2 Jun 19 episodes Afrikaans Education

Nóú pra’ jy

Op Maroela Media se debatsplatform, Nóú pra’ jy, word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
1 Jun 20 episodes Afrikaans News Commentary · Personal Journals

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n…
25 May 1 episodes Afrikaans Drama

Hoor hier

“Hoor hier” is Maroela Media se splinternuwe oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
25 May 56 episodes Afrikaans Personal Journals

Taaltoffie

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. Met trots deel van Maroela Media.
22 May 132 episodes Afrikaans Books · Language Learning

Wimpers op lakens

‘Wimpers op lakens’ , ʼn kortverhaalbundel wat deur Sophia Kapp geskryf is, gaan oor die bekende fotograaf Albert Bredenhann se stories en ervaringe van vroue se leefwêrelde. Kom luister saam na Albert se voorlesings van stories soos “Die kind”, “Tot die dood ons skei”, “Letsels” en “Die storie van ʼn…
7 Mar 10 episodes Afrikaans Fashion & Beauty · Personal Journals

Fletcher, die perd

Fletcher is ʼn wit perd met bruin vlekke op. Hy woon op ʼn plaas by sy twee maats, Christiaan en Lallie, se pappa en mamma. Christiaan is nou 9 jaar oud met bruin hare en blou ogies. Lallie is 6 jaar oud met lang blonde hare en blou ogies. Fletcher…
23 Sep 2022 13 episodes Afrikaans Read by Elana Barker Kids & Family · Christianity

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel…
25 Apr 2022 120 episodes Afrikaans Drama

Verskans

Verskans, Sakeliga se program met rigtingwysers vir staatsbestande kommersiële orde. Eerste op Maroela Media.
12 Jul 2022 4 episodes Afrikaans Business · Management

#HoeNou?!

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit)…
25 Feb 2022 52 episodes Afrikaans Education

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga

In 3 Minute, 3 Sake gesels ons kortliks oor die week se sakenuus. Sakeliga bestaan om ’n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ’n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding en te skep, asook in die gemeenskaplike belang waar ook al sy lede sake doen.
15 Dec 2021 157 episodes Afrikaans News · Business News

Vandag se sportnuus

Die jongste sportnuus in Afrikaans, daagliks. Lees meer by https://maroelamedia.co.za/kategorie/sportnuus/
13 Jan 2021 12AM 186 episodes Afrikaans Sports · News

Kamer van verlate verhale

Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn. Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy…
29 Oct 2020 12 episodes Afrikaans Drama

Griekwagebede

Verskeie oorspronklike gedigte deur Hans du Plessis in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes oor die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos van die gelykenisse.
1 Apr 2020 73 episodes Afrikaans Read by Veronica Geldenhuys Books · Christianity
1 – 20