Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
93 Episodes
1 – 20

Bela-wet | 'Wen-wen-skikking', sê DA

Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur. Dit sluit in die omstrede…
20 Dec 2 min

Omstrede artikels nie sonder beskerming teen magsmisbruik ingestel - Dirk Hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die omstrede artikels oor taal en toelatingsbeleid in die Bela-wet kan nie ingestel word voordat Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, ’n tydsraamwerk vasgestel het en die nodige norme, standaarde en regulasies ontwikkel het nie. “Prakties beteken dit dat hierdie artikels…
20 Dec 1 min

Clover-moorde: Verligting nadat twee skuldig bevind word

Twee voormalige werkers van Clover is skuldig bevind aan die dubbelmoord op die sekuriteitswagte Terence Tegg en JJ Cassanga. Michele Bebbington, Tegg se verloofde, sê dit was 'n emosionele wipwarit tot op hierdie punt.
15 Oct 1 min

Kinders as ‘politieke pionne’ gebruik - AfriForum

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sê die Gautengse departement is al jare lank “berug vir oorreaksie op ongetoetste bewerings” teen funksionele skole, terwyl weinig oor die wanfunksionele skole in die provinsie bekend gemaak word.
14 Oct 1 min

Nog ’n vermeende dwelmmuil by OR Tambo vas

’n 43-jarige vermeende dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo- internasionale lughawe in hegtenis geneem. Die man is die 14de vermeende dwelmmuil om die afgelope ruk by dié lughawe in hegtenis geneem te word.
6 Oct 1 min

Twee Nederlanders by ORT vas oor dwelms

Kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige en 59-jarige verdagtes was van Suid-Afrika na Nederland via Dubai onderweg toe polisiebeamptes hulle onderskep het.
4 Oct 1 min
1 – 20