Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
232 Episodes
1 – 20

Massa

Massa is die hoeveelheid materie in ʼn voorwerp. Dit is dus ʼn kombinasie van die aantal atome, die digtheid van die atome en die soort atome in ʼn voorwerp.
23 Jun 7 min

Kulturele seremonies en rituele

Kulturele seremonies kom wêreldwyd voor. Dit word vanaf die geboorte van ’n persoon tot die dag waarop hy/sy sterf, gebruik om belangrike mylpale in sy/haar lewe aan te dui.
23 Jun 10 min

Die wiel

Danksy die slim uitvindsel en ontwikkeling van die wiel, is dit vandag moontlik om die wiel op allerlei maniere in te span en aan te wend vir menslike gebruik – veral in die vorm van vervoer.
23 Jun 16 min

Eklips

ʼn Eklips of verduistering vind plaas wanneer een hemelliggaam voor of in die skaduwee van ’n ander een inbeweeg en gedeeltelik of heeltemal verdwyn.
23 Jun 12 min

Vibrasie

Vibrasie kan onderskei word in twee groepe. naamlik vrye vibrasie en gedwonge vibrasie.
23 Jun 11 min

Wrywing en statiese elektrisiteit

Wrywing is die weerstand van beweging wanneer een voorwerp teen ’n ander vryf/skuur en statiese elektrisiteit is die opbou van ’n elektriese lading op die oppervlak van ’n voorwerp.
23 Jun 8 min

Verwerkte materiale

Verwerkte materiale is materiale wat deur mense vanuit die natuurlike vorm verfyn of opgebou is.
23 Jun 9 min

Eienskappe van materiale

Materiale is oral om ons en vorm alles wat ons in die alledaagse lewe gebruik en waarneem. Dit kan verskillende vorme aanneem en kom in drie hooftoestande voor: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
23 Jun 10 min

Ligjare, ligure en ligminute

Groot getalle is moeilik en onprakties om te gebruik, en daarom gebruik ons eerder afstandseenhede gebaseer op die spoed van lig. Dit maak die getalle kleiner, meer verteerbaar en makliker om te gebruik.
23 Jun 6 min

Judaïsme

Judaïsme is die godsdiens van die Joodse volk. Dit is die oudste van die vier grootste monoteïstiese godsdienste ter wêreld (’n godsdiens gebaseer op die geloof dat daar net een God is), en dit is meer as 4 000 jaar oud.
23 Jun 10 min

Heelal

Heelal beteken letterlik “die versameling van alles wat bestaan”. Onder hierdie “alles” word straling en materie in ʼn verskeidenheid van vorme ingesluit.
12 Jun 13 min

Hidrosfeer

Die hidrosfeer is die totale hoeveelheid water wat op, onder en bo die oppervlak van die aarde bestaan. Dit sluit vloeibare water op die oppervlak in, soos oseane, mere en riviere.
12 Jun 13 min

Vette, olies, minerale en vitamiene

Die groepe voedingstowwe is koolhidrate, proteïene, vette (en olies), vitamiene en minerale en water. As jy gesond wil bly, is dit belangrik om ’n verskeidenheid kosse uit al hierdie groepe in die regte hoeveelhede te eet.
12 Jun 24 min

Die ‘Titanic’

Daar is waarskynlik geen ander skip in die geskiedenis wat so bekend geword het soos die Titanic nie – al was dit weens die gebeure dat die skip eerder berug as beroemd geword het.
12 Jun 16 min

Marog

Marog, wat ook “misbredie” in Afrikaans genoem word, is nie net een spesifieke gewas nie. Dis die naam wat deur Afrika-gemeenskappe gebruik word om plaaslike blaargroente te beskryf.
12 Jun 14 min

Litosfeer

Die litosfeer is die laag van die aarde waar aardbewings gebeur, nuwe berge ontstaan, vulkane uitbars en waar oseane gevorm word.
8 Jun 17 min

Tropiese reënwoude

Tropiese reënwoude is digte, warm en nat woude waarin baie bome en ander plante groei.
8 Jun 23 min

Proteïene

Proteïene kom orals in jou liggaam voor. Dit is in jou spiere, bene, vel, hare en feitlik elke ander liggaamsdeel of weefsel.
8 Jun 15 min
1 – 20