Maroela Media Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Politics
6 Episodes

Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander

Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas.
13 Jun 49 min

Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool

Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld.
5 Jun 49 min

Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat

In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word.
31 May 35 min

Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus

Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word.
26 May 47 min