Maroela Media Op die spektrum

Op die spektrum

Op die spektrum is 'n Maroela Media-podsendingreeks saam met Leonie-Mari Bezuidenhout. Die reeks gee 'n blik van nader op die outismespektrum, wat dit beteken om op die spektrum te wees en hoe dit die samelewing daagliks beïnvloed.
Occasionally Afrikaans South Africa Kids & Family
4 Episodes

Ma en dogter leef met outisme

Nellie en Nina van der Walt, ʼn ma-en-dogterpaar van Stellenbosch, is albei sowat ʼn dekade gelede met outisme gediagnoseer – Nina as laerskoolkind en Nellie as volwassene. Hulle deel hul storie met Maroela Media.
9 Oct 46 min

Op die spektrum | ‘Dit is nie ’n maklike pad’

Die 11-jarige Dinique Meyer van Kimberley is met outisme en verskeie ander probleme gediagnoseer. Haar ma vertel aan Maroela Media hoe sy as ouer daagliks dié uitdagings hanteer en praat oor die stigmas van outisme en hoe die samelewing nog nie dié siekte werklik verstaan nie.
30 Sep 27 min

‘Nie almal verstaan outisme’

In die derde episode van dié podsendingreeks verduidelik die Müllers hoe die samelewing steeds kinders met outisme misverstaan en deel raad met ouers wat wonder of hul kinders op die spektrum is of nie.
11 Aug 28 min