Sy het ’n verskeidenheid genres in gedagte gehad terwyl sy geskryf het, en daar is ’n hele paar ballades en lekker “boot scoop”-countryliedjies waarop ’n mens kan dans.
Die afgelope vier jaar was die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase meer in die hospitaal as wat hy in die ateljee was, maar hy het onlangs teruggekeer na wat hy sy “hartsplek” noem.
’n Goedkoop kitaar, ’n Green Day-konsert en ’n naam wat deur “Brakanjan” geïnspireer is. Só het die alternatiewe Afrikaanse musiekgroep Wrakinjan ontstaan.
Op 16 April vanjaar het Carina Nel se lewe in ’n ommesientjie verander, toe ’n roetineborsondersoek skielik ’n verbete stryd teen borskanker geword het.
Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
Ná meer as ’n dekade se ondersoekwerk vertel joernalis Graham Coetzer in sy nuwe boek van die georganiseerde misdaad, uitbuiting en groot geld agter Suid-Afrika se onwettige mynbedryf.
Toe fase-3 borskanker in 2022 by die 33-jarige Edith du Toit van Lichtenburg in Noordwes gediagnoseer is, was haar eerste gedagte: “Wat van my kinders?”
“Met ‘Pa vir Kersfees’ bring Ruhan ’n bekende heldeverhaal opnuut na vore en gee hy woorde aan die verlange om iemand nog net een keer te sien, te hoor of vas te hou.”
Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien.
Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat…
Kurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret.
Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het…
Snotkop en Ricus Nel is terug met nog ʼn liedjie ná die wegholsukses van “Boerepompie”.
4 Sep
6 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.