Maroela Media Nóú pra’ jy

Nóú pra’ jy

Op Maroela Media se debatsplatform, Nóú pra’ jy, word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Personal Journals
31 Episodes
1 – 20

Chris Chameleon: Die etiket van gebed

Deur Chris Chameleon Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te…
4 Dec 5 min

Uitheemse bome, inheemse studentelewe

Deur Louis Boshoff Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.
8 Nov 5 min

Engele van welwillendheid

Deur Freek Robinson Die inwoners van Worcester maak daarop aanspraak dat hulle dorp die hoofstad van welwillendheid in die land is. En dit kan heel moontlik die geval wees.
4 Oct 4 min

Beurtkrag is nie ons enigste energieprobleem

Deur Freek Robinson Suid-Afrika is een van die grootste sondaars in die wêreld wat die vrylating van koolsuurgas betref weens sy grootskaalse gebruik van steenkool vir die produksie van elektrisiteit.
6 Sep 6 min

Chris Chameleon: Die onafwendbare verbygang

Deur Chris Chameleon Tyd is, bly, ʼn magtige, voortslepende, meesleurende onafwendbaarheid wat ons nooit kan tem nie. En dan is die beste tydvertraer nie grimering, plastiek-tieties, groen sap of vyftig opstote nie.
4 Sep 7 min

Die nuwe era van koalisiepolitiek

Deur Freek Robinson ʼn Nuwe politieke era is egter nou in wording. Dis ʼn era waarin ʼn klimaat van samewerking geskep moet word waarin van die begin af aanvaar moet word dat kompromis noodsaaklik is en dat opofferings gemaak sal moet word.
8 Aug 7 min

Singapoer se lesse en SANEDI se merietevoorbeeld

Deur Freek Robinson By SANEDI blyk dit dat die kennerpersoneel in eie reg by die dinktenk aangestel is. Dis soos dit hoort en hopelik sal dit natuurlikerwys al hoe meer so ontwikkel. Want meriete is fundamenteel noodsaaklik vir ekonomiese sukses.
7 Jul 4 min

Waarheid anderkant die reënboog

Deur Chris Chameleon Dit was weer Junie en vrolike reënboogkleure het gepryk in winkels, aanlyn, op klerasie en elders. Dit was ook weer Junie en die aanlyn oorloë, ʼn deurlopende stryd, het weer verskerp.
3 Jul 9 min

Die uitkontraktering van emosionele skuld

Deur Chris Chameleon ʼn Meer bekende voorbeeld is waar ouers vanweë hul professionele spesialisasie die emosionele skuld, voortspruitend uit ʼn gebrek aan teenwoordigheid in hulle kinders se lewens, uitkontrakteer aan vermaaklikheidsdienste en versorgers.
1 Jun 6 min

Iets skort in die president se kantoor

Deur Freek Robinson Die feit dat ek nie meer die Orde van Ikhamanga gaan ontvang nie, pla my nie. Maar die hele orde-affêre en ander dubbelpratery tas die geloofwaardigheid van die president ernstig aan.
12 May 8 min

Die verwesenliking van manlikheid

Deur Chris Chameleon Ek weet dat ek as man die grootste diens aan my kinders kan bewys en die mees volkome uitlewing van my manlike mandaat kan bereik deur die volste krag van toewyding tot my vrou.
26 Apr 6 min

Groentetuine in bande: Plan van hoop  

Deur Freek Robinson Daar is hoop en daar is ʼn plan. Steven Barnard lei mense op hoe om met ʼn ou motorbuiteband en ʼn plastiek 2 liter Coke-bottel ʼn eie mini groentetuin te maak.
9 Apr 5 min

Saam sing voor die duurste viool

Deur Chris Chameleon In ʼn heelal, nie ver van hier nie, het al die viole op die planeet Hiër eendag skielik opgeraak. Daar was nêrens ʼn enkele viool te bespeur nie.
22 Mar 6 min

Vryheidsvegters of onderdrukkers?

Deur Freek Robinson Die werklike toets vir demokrasie is hoe die samelewing regeer word. In Suid-Afrika word dit ʼn al droewiger prentjie.
7 Mar 6 min

Kerke ontmoet in Bethlehem

Deur Freek Robinson Hulle het beraadslaag oor die veranderende rol van die kerk gegewe die dwingende werklikhede waarmee die instelling te kampe het.
10 Feb 4 min

Die Skotse boerseun

Hierdie verhaal is op die werklikheid gegrond, maar hier en daar het die verteller homself grasie gegee om gapings aan te vul. Die verhaal begin op ʼn skip tussen Kaapstad en Durban.
7 Jan 11 min
1 – 20