Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
30 Episodes
1 – 20

Strandloper 2 – Episode 1

Met Nicolien se terugkeer na Bloubaai kry sy ʼn getraumatiseerde Dylan in die hospitaal. Wie sit agter die skietvoorval waarin hy ernstig gewond is? Het dit iets met sy vriend Godfrey te doen wat ná ʼn mislukte perlemoenduik dood is? Nicolien en Willie is met rede bekommerd oor Dylan se…
Season 1 / Episode 1 12 min

Strandloper 2 – Episode 2

Engela hoor skokkende nuus by Tannie Ouvrou oor Visstok se ma, en dit gaan haar besluit oor Visstok se verloofring beïnvloed. Bobbi wil nie aanvaar dat Bloubaai nie onder die wendorpe vir die Afrikaans 100-fees is nie. Hoe gaan Dylan die slegte nuus oor die fees verwerk?
Season 1 / Episode 2 10 min

Strandloper 2 – Episode 3

Mauritz kry ʼn groot verrassing. Willie ontbied vir Nicolien en Mauritz na die strand waar hulle iets sien wat nog nooit op Bloubaai gesien is nie en wat sosiale media aan die gons het.
Season 1 / Episode 3 10 min

Strandloper 2 – Episode 4

Bobbi besoek Dylan in die hospitaal waar sy slegte nuus aan hom moet oordra. Dylan neem die hospitaal om al die verkeerde redes op horings. Bobbi is verras om Willie in die hospitaal se kafeteria te sien … Hy is inderhaas daarheen ontbied.
Season 1 / Episode 4 11 min

Strandloper 2 – Episode 5

Oom Fred is steeds op een van sy onbekende missies in die Kaap. Tannie Ouvrou en Mauritz neem weer die gebeure van die skietery by Bobbi se troue in oënskou. Mauritz vertel haar van verdagte persone en ʼn motor wat albei onrustig maak.
Season 1 / Episode 5 11 min

Strandloper 2 – Episode 6

Engela word deur almal gelukgewens met ʼn nuwe pos by Die Seekat, maar sy weet niks daarvan nie. Sit Jack agter alles? Willie en Engela se verhouding bereik ʼn laagtepunt. En daar’s vuurwarm nuus vir Bloubaai oor die Afrikaans 100-kompetisie.
Season 1 / Episode 6 11 min

Strandloper 2 – Episode 7

Tannie Ouvrou en Nicolien besoek Dylan in die hospitaal, maar hoe is dit dan dat hy meer weet wat in Bloubaai aangaan as hulle? Die suster deel haar kommer oor ʼn onbekende geheimsinnige besoeker aan Dylan.
Season 1 / Episode 7 10 min

Strandloper 2 – Episode 8

Nicolien en Mauritz se liefde blom op die strand. Mauritz vertel van sy groot planne, maar sluit dit Nicolien in? Willie praat sy mond verby, en dit bring spanning tussen die jong verliefdes.
Season 1 / Episode 8 11 min

Strandloper 2 – Episode 9

Visstok en Engela is besig om haar nuwe tuin reg te ruk. Hulle ontdek ʼn vergete kabouterstandbeeldjie in die motorhuis, maar hulle planne daarmee word deur Betta kortgeknip.
Season 1 / Episode 9 12 min

Strandloper 2 – Episode 10

Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing toe Bobbi met ʼn groot rugsak by die losieshuis opdaag. Dit maak seer herinneringe wakker, maar dit troos ook. Mauritz kry kosbare raad by Tannie Ouvrou, want hy’s in ʼn moeilike situasie.
Season 1 / Episode 10 11 min

Strandloper 2 – Episode 11

ʼn Heerlike middag op die strand vir Nicolien en Mauritz word deur ʼn onwelkome gas onderbreek. Nicolien moet haar soektog na haar biologiese pa verskerp om sy mediese rekords te kry. Visstok werf mense vir ʼn baie belangrike vergadering.
Season 1 / Episode 11 11 min

Strandloper 2 – Episode 12

Dis duidelik Dylan steek dinge weg vir Bobbi toe sy hom in die hospitaal besoek. Bobbi het nuus vir Dylan oor veranderinge in haar lewe wat ook sy lewe gaan raak. Sy raas met hom oor sy vriende, en haar besoek eindig glad nie goed nie.
Season 1 / Episode 12 9 min

Strandloper 2 – Episode 13

Engela vra Willie om verskoning vir haar gedrag. Is Jack se aanbod aan haar om by Die Seekat te kom werk iets van die verlede? Tannie Ouvrou gee inligting vir Willie oor Dylan en die verdagte sigaretstompies en besoeker.
Season 1 / Episode 13 11 min

Strandloper 2 – Episode 14

Die Afrikaans 100-vergadering by Engela lewer interessante dinge op. Oom Fred is terug in die dorp ná sy geheime Kaapse besoek. Visstok is gespanne oor sy ma se siekte. Dan lui sy selfoon, en hy verlaat die vergadering.
Season 1 / Episode 14 12 min

Strandloper 2 – Episode 15

Mauritz kry ʼn e-pos wat sy lewe en Nicolien se lewens omkeer. Is dit die einde van hulle liefde? Dylan bel Tannie Ouvrou met ʼn versoek wat sy nie kan weier nie, maar dis iets wat haar vorentoe baie besig gaan hou.
Season 1 / Episode 15 12 min

Strandloper 2 – Episode 16

Sedert Mauritz se vertrek na die Kaap, waai die noordwester asof die wind self omgekrap is oor die Strandloper wat weg is. Is Mauritz se vertrek die einde van die verhouding tussen hom en Nicolien, of is dit die begin van ʼn nuwe era in Bloubaai?
Season 1 / Episode 16 10 min

Strandloper 2 – Episode 17

Oom Fred gee vir Engela kosbare raad. Jack de Wet versterk sy pogings om Engela terug te lok na Die Seekat-restaurant. Betta verras Oom Fred op ʼn ongemaklike plek en tyd.
Season 1 / Episode 17 11 min

Strandloper 2 – Episode 18

Dylan werk hard aan die vooruitsig om met die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie roem te verwerf. Tannie Ouvrou waarsku dat hy so gou as moontlik die waarheid aan kaptein Van Niekerk moet vertel omtrent die aanslag op sy lewe.
Season 1 / Episode 18 10 min

Strandloper 2 – Episode 19

Oom Fred het sy hande vol terwyl hy instaan by Dylans. Dylan is kaatjie van die baan terwyl hy aansterk ná die skietvoorval wat hom amper sy lewe gekos het. Hy dink hy kan Stefan ompraat om by Dylans te begin werk. Oom Fred weet van beter. Stefan het egter…
Season 1 / Episode 19 10 min

Strandloper 2 – Episode 20

Stefan sit Jack de Wet op sy plek, terwyl Tannie Ouvrou vir Jack nader oor die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie en die bekendstelling van die wendorp. Is Stefan besig om ʼn lokval vir Jack te stel, of gaan Jack vir Stefan as ʼn handlanger werf?
Season 1 / Episode 20 10 min
1 – 20