Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
32 Episodes
20 – 32

Strandloper 2 – Episode 21

Engela probeer om fondse vir die toerismekantoor te werf, toe Jack de Wet haar nader met ʼn aanbod wat sy van die hand wys. Sal Jack daarin slaag om Engela terug te lok na Die Seekat toe? Of wil hy haar vernietig omdat sy vir hom nee gesê het?
Season 1 / Episode 21 11 min

Strandloper 2 – Episode 22

Die strand van Bloubaai begin die littekens van die slegte weer toon. Nicolien sit met Stefan vas toe hy nie na haar wil luister nie. Stefan wonder hoekom Nicolien destyds nie saam met hom wou gaan duik het nie.
Season 1 / Episode 22 11 min

Strandloper 2 – Episode 23

Die groot aand breek aan vir die aankondiging van die wendorp van die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie. Daar’s groot verwagtinge waar almal voor die televisie by Die Seekat bymekaar is. Maar iemand saboteer die verrigtinge.
Season 1 / Episode 23 10 min

Strandloper 2 – Episode 24

Bloubaai rou ná die uitslag van die Afrikaans Amptelik 100-kompetisie. Tannie Ouvrou weier om Jack met ʼn versoek te nader. Sy is nog steeds kwaad vir Oom Fred wat haar nie in sy vertroue geneem het nie. Is dit die einde van hulle jare lange vriendskap?
Season 1 / Episode 24 10 min

Strandloper 2 – Episode 25

Nicolien mis Mauritz terwyl Stefan tot haar redding snel. Stefan wonder of Nicolien hom sal help met ʼn gevaarlike ondersoek, maar Nicolien besef dat sy haar eie missie het om na te streef en dit het niks met Mauritz te doen nie.
Season 1 / Episode 25 11 min

Strandloper 2 – Episode 26

Engela sukkel om die pot aan die kook te hou, nadat die fooie van die kleuterskool skielik onverklaarbaar verhoog is. Tannie Ouvrou is steeds die josie in vir Oom Fred oor hy haar nie in sy vertroue geneem het nie. Sy voel skuldig oor sy Engela se verhouding met Willie…
Season 1 / Episode 26 10 min

Strandloper 2 – Episode 27

Nicolien se soektog na haar pa word belemmer, terwyl sy Engela stof tot nadenke gee met haar voorneme om nie vir Jack de Wet te werk nie. Engela neem ʼn drastiese besluit.
Season 1 / Episode 27 11 min

Strandloper 2 – Episode 28

Tannie Ouvrou het haar hande vol met Dylan en die spook van kamer 9. Hoekom reageer Dylan so heftig op die nuus dat vyf stropers gevang is? Jack de Wet gee Dylan ʼn spesiale opdrag.
Season 1 / Episode 28 10 min

Strandloper 2 – Episode 29

Dylan is terug op sy pos en word verras deur Nicolien wat per toeval iemand op die strand sien wie se optrede verdag en gevaarlik lyk. Sy besluit om dit op te volg, en Stefan beland letterlik in haar pad.
Season 1 / Episode 29 11 min

Strandloper 2 – Episode 30

Die artikel wat Jack de Wet laat skryf het vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog haal die nuus. Stefan word ore aangesit deur Jack de Wet, terwyl Tannie Ouvrou uiteindelik hoor aan wie die vingerafdrukke behoort wat in die parkeerarea gevind is die dag toe Dylan geskiet is.
Season 1 / Episode 30 11 min

Strandloper 2 – Episode 31

Nicolien stort haar hart in haar dagboek uit oor die nuwe verwikkelinge tussen haar en Stefan. Moet sy Mauritz hiervan vertel of nie? Willie deel belangrike inligting oor die stropers met Engela. Is die ou vonk tussen hulle terug?
Season 1 / Episode 31 12 min

Strandloper 2 – Episode 32

Sal Tannie Ouvrou Dylan nog ʼn maal vergewe? Hy is opgewonde oor die openbare reaksie op die tweede artikel oor die Afrikaans 100-fees. Sy aanhang groei, en hy hoop om ʼn internetsensasie te word. Sy ma bel, en Dylan dreig om flou te word.
Season 1 / Episode 32 10 min
20 – 32