Maroela Media Koelbloedig

Koelbloedig

Ons gesels in Koelbloedig oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings.
Koelbloedig word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa True Crime · Daily News
6 Episodes

‘Koelbloedig’ | Só word ‘Bloubultannie’ se doppie geklink

Luister in dié episode van ‘Koelbloedig’ wat die rekonstruksie van ’n misdaadtoneel behels en hoe afgetrede lt.kol. Frans van der Merwe destyds te werk gegaan het om ʼn strik te stel vir Manda Reyneke, die ma wat ’n verhouding met haar dogter se Bloubulkêrel aangeknoop het en toe twee Nigeriërs…
15 Aug 23 min

‘Koelbloedig’: Op paaie van die dood

Johan Fourie, 'n botsingsrekonstruksiekundige, was in sy loopbaan by verskeie hoëprofielsake betrokke, onder meer die botsing waarin Suid-Afrika se geliefde grapmaker Tolla van der Merwe dood is, asook die botsing waarin wyle oudpres. Nelson Mandela se agterkleindogter, Zenani, gesterf het.
25 Jul 31 min

‘Koelbloedig’| Sluipmoord opgelos, maar nie vergete

In hierdie episode van “Koelbloedig” op Maroela Media neem afgetrede lt.kol. Lucas Visser, ʼn onafhanklike forensiese deskundige by Wesco Forensic Services, luisteraars terug na 10 April 1993 toe hy as jong polisiebeampte en forensiese analis getaak is om die sluipmoord op Chris Hani, voormalige SAKP-leier, te ondersoek.
18 Jul 36 min

‘Koelbloedig’ | Episode 1: Die stories wat moordtonele vertel

Wessie van der Westhuizen ʼn onafhanklike ballistiese deskundige en uitvoerende hoof van Wesco Forensic Services vertel onder meer van sy betrokkenheid as deskundige by die Retief Liebenberg-saak, ʼn pa van Benoni aan die Oos-Rand wat vir die moord op sy dogter se vriend, Poena Visser, en dié se pa, Dewaldt,…
11 Jul 37 min