Kamer van verlate verhale

MAROELA MEDIA  |  Series , ±14 min episodes total time 2 hr 51 min  | 
Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn.

Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi.

Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee. Marius Vermaak, die ateljeebestuurder, het ingestem om die stories op te neem en te redigeer.

Jacobs het benewens ʼn klompie vryskutakteurs ook studente van die Performing Arts Lifestyle Institute (Pali) in Pretoria genader om rolle te vertolk. In ruil vir hul betrokkenheid by dié radioteaterprojek het Jacobs hulle die geleentheid vir opleiding en ervaring gebied. Maroela Media se eie Elana Barker is in twee van die episodes te hoor. Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas.

Let wel: Maroela Media was glad nie betrokke by die storielyn en saamstel van die radioproduksie nie. Maroela Media het slegs ondersteuning gebied in terme van die gebruik van die ateljee en verspreiding van die drama.

Skrywer: Luan Jacobs
Redigering: Johan Riekert
Tegniese versorging: Marius Vermaak
Opgeneem by Maroela Media

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01

Wolf

’n Aspirant jong kunstenaar word genooi na La Bastille de la Creativite, die grootste kunsmuseum ter wêreld. Hy word ʼn aanbod gemaak wat sy lewe onherroeplik kan verander. Die vraag is: teen watter prys?

- Darius: Kaz McFadden
- Mev. Bouché: Lara Lourens
- Die twee vriende: PG Mulder en Nicolai Davidson
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
02

Illanza

Wanneer twee ou skoolvriendinne mekaar raakloop langs die rugbyveld kom ou skete na vore en word hul kinders se grootste rugbywedstryd hulle oorlogsveld.

- Ilanza: Su-an Müller-Marais
- Corrie: Nina Coetzer
03

Wendy

ʼn Eensame jong sprokiesheks bevind haarself in haar bose familie se toring, gereed vir vandag se held om haar te kom red. Wanneer sy besef sy is die familie se swartskaap, neem sy ʼn besluit wat haar hele lewe kan verander.

- Wendy: Ursula Botha
- Spieël: Jacques Adriaanse
- Prins: Richart van Jaarsveld
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
04

Hoop is ʼn boemelaar

Esmerelda het Simon se hart gebreek. Net jammer hulle was al twee by dieselfde Nuwejaarspartytjie. Tien sekondes voor die “Happy New Year”-gille was Simon hand om die blaas met sy nuwe vriend, ʼn boemelaar genaamd Hoop.

- Simon: Jaco Meyer
- Hoop: Abri le Roux
- Byspeler: Ryno Verster
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
05

Nimfberg

Drie vriende klim ʼn reusagtige berg uit en ontdek die fontein van jeug. Daar is egter dié fynskrif: “Jy moet jou lewe oor begin as ʼn babatjie.” Nou moet die drie besluit wie gaan doeke omruil en wie gaan hul jeug herontdek.

- Dandré: Pietie Beyers
- Andries: Stefan Vermaak
- Chris: Tiaan Kelderman
06

Charlize Theron

Arme Charlize Theron is gebore met ’n bekende naam, maar ’n onbekende gesig. Sy het dit geërf by ouma Charlize Theron, wat dit op haar beurt by haar ouma Charlize Theron geërf het. Net jammer niemand het dit vir die restaurant Fleur se werkers gesê waar sy vanaand haar sitplek bespreek het nie.

- Jean-Pierre: Tiaan Slabbert
- Helena: Izel Bezuidenthout
- Charlize Theron: Estel Terblanché
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
07

Mams

Martin is raadop. Hy het groot nuus om te deel met sy moeder, maar die uitdaging om haar te probeer red van haar tegnologiese gestremdheid mag hom dalk net knak.

- Martin: Tiaan Kelderman
- Ma: Sulette Thompson
08

Daisy en die boontjierank

Ons almal ken die storie van Jan en die boontjierank. Daisy die koei se storie is minder bekend en amper net so magies.

- Lennard: Jacques Adriaanse
- Marsha: Inamari Schoonraad
- Die verteller: Elana Barker
09

Vlug

Martin en Aida is die enigste twee siele op ’n vlug na Kaapstad. Hulle besef egter hulle het dalk meer gemeen as wat hulle met die eerste oogopslag gereken het.

- Martin: Tiaan Kelderman
- Aida: Annelie Bouwer
- Lugwaardin: Ané Louw
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
10

Basaar

Herclu en Mieke is die baasbreine agter die vreesaanjaendste spookhuis wat hulle kerkbasaar al ooit gesien het. Wanneer daar stemme onder die vloere begin weergalm, besef hulle hulle het dalk te ver gegaan.

- Herclu: Herman Vorster
- Mieke: Candice Weber
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme
11

Kleine kleine ogie

Twee vriendinne is op ’n meer op pad na ’n klein eilandjie waar hulle hul vriendin se as moet gaan strooi. Terwyl hulle kleine kleine ogie speel, gewaar hulle iets wat moontlik ʼn krokodil is wat hulle agtervolg.

- Tania: Inamari Schoonraad
- Janneke: Ilke Konig
12

Klop-klop alweer

Tessa is nou al 18 weke swanger en is in die hospitaal saam met Hannes, wie se verstandtande binnekort getrek gaan word. Wanneer Tessa met ’n narkose-belaaide Hannes opgeskeep sit, dink sy dat Hannes se vrot geheimpies uiteindelik hulle verhouding sal knak. Maar, dis alles behalwe wat werklik gaan gebeur…

- Hannes: Francois van Rensburg
- Tessa: Estel Terblanché
- Die dame: Elana Barker

12 episodes