Charl Botha gesels met Professor Johan Fourie oor sy nuwe boek ‘Our long walk to economic freedom’

In die potgooi gesels ek met Professor Johan Fourie van die Universiteit van Stellenbosch oor sy nuwe boek, ‘Our long walk to economic freedom’. Ek lees baie, en dit is my ervaring dat meeste boeke nie regtig mens se kosbare tyd werd nie. Maar dié boek is beslis. In ‘n modern wêreld van “fake news”, relativisme, en ‘n gebrek aan ‘n basiese kennis van die geskiedenis glo ek Professor Fourie se boek is ‘n broodnodige en baie waardevolle hulpbron.