Newskoop Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Daily Afrikaans South Africa Daily News · Nature
262 Episodes
1 – 20

Agriskoops - 20 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsbestuurder by Design Biologix, Carlo Smuts. Hy vertel meer oor die maatskappy en wat hulle boere bied. Hy gee ook ʼn oorsig van watter siektes hulle tans waarneem en deel advies vir boere oor die voorkoming van hierdie siektes.
20 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 19 November 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn gesprek deur die uitvoerende direkteur van Saai, doktor Theo de Jager Hy deel meer oor die lede van Saai en wie almal deel is van die organisasie in die belang van georganiseerde landbou in Suid-Afrika en Afrika.
19 Nov 1AM 5 min

Agriskoops - 18 November 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn gesprek deur die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die belangrikheid van georganiseerde landbou. Hy verduidelik hoe TLU SA deur ʼn baie lang geskiedenis gefokus het op georganiseerde landbou sodat boere met ʼn kollektiewe stem kan praat om…
18 Nov 12AM 4 min

Agriskoops - 17 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoopsbestuurder by Sonfin, Tiaan Schutte. Hy gesels oor sonkrag vir jou plaas en wat die maatskappy Sonfin bied. Boere sien sonkrag as 'n groot aanvanklike belegging, maar dit bied vanuit 'n langtermyn-perspektief heelwat finansiële voordele. Schutte verduidelik dat 'n behoorlik ontwerpte sonkragstelsel…
17 Nov 3AM 6 min

Agriskoops - 16 November 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na die uitvoerende hoof van AfriForum Kallie Kriel en die voorsitter van die Stokwe-Ndela koninklike familie, Bhekisizwe Ngaleka. Hulle vertel meer oor samewerking tussen die twee entiteite op landbou-gebied. AfriForum en Nkosi Zweloxolo Stokwe van die AmaQwathi-kultuurgemeenskap het begin November op die Prinses Emma…
16 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 13 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarking- en verkoopsbestuurder by Agrihawk, Evert Potgieter. Hy gee ʼn oorsig oor die maatskappy en wat hulle boere kan bied in terme van die gebruik van hommeltuie in landbou.
13 Nov 12AM 3 min

Agriskoops - 12 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Michael Neveling van die maatskappy FRD Poultry Farming Equipment. Hy verduidelik watter produkte FRD aan boere bied vir verskillende tipes pluimveeplaas. Hy gee ook ʼn oorsig van hoe hulle boere kan help wat reeds ’n pluimveeplaas bedryf, maar wil uitbrei en hul besigheid…
12 Nov 1AM 5 min

Agriskoops - 11 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die werklike koste van produksie en verduidelik hoe die pryse wat verbruikers op winkelrakke betaal nie die pryse is wat boere vir hul produkte kry nie. Hy gee ʼn oorsig van…
11 Nov 12AM 4 min

Agriskoops - 10 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die rol van landbou en boere binne die breër beleidsomgewing.
10 Nov 12AM 3 min

Agriskoops - 9 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Arno Moore van BISA (Bio-Insectaries SA) Hy verduidelik hoe hulle biologiese metodies toepas om vlieë op plase te beheer. Hy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van vliegbeheer, hoe hulle program werk en hoe boere by die program kan inskakel.
9 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 6 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die ekonoom Waldo Krugell. Hy gesels oor die finansiële impak van die besluit deur die VSA om Suid-Afrika vanaf volgende jaar uit Agoa te sluit.
6 Nov 12AM 4 min

Agriskoops - 5 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die operasionele bestuurder van die Ikusasa Groep, Raymond Baker. Hy gee ʼn oorsig van wie hulle is, die senior bestuur van die organisasie en belangrike mylpale wat hulle bereik het.
5 Nov 12AM 4 min

Agriskoops - 3 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandel-bemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Hy gesels verder oor Engen produkte wat ontwikkel is spesifiek vir Suid-Afrikaanse toestande. Hy gee verder wenke en raad hoe boere hul voertuie in goeie kondisie kan hou hierdie komende warm somer.
3 Nov 12AM 6 min

Agriskoops - 2 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van ingenieurswese by die maatskappy FarmRanger, Marius van der Merwe. Hy gesels oor die omvang van veediefstal en roofdieraanvalle op vee vir boere en hoe Farmranger boere daarmee help. Hy verduidelik dat FarmRanger se produk maklik is om aan te skaf,…
2 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 30 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die algemene bestuurder by Agri-Expo, Breyton Milford. Hy vertel meer oor die 31ste Statebondslandboukonferensie wat volgende week in Kaapstad plaasvind. Hy deel sy persoonlike ervarings uit vorige kongresse en ook wat kongresgangers hierdie jaar kan verwag.
30 Oct 1AM 5 min

Agriskoops - 29 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die algemene bestuurder by Agri-Expo, Breyton Milford. Hy vertel meer oor die 31ste Statebondslandboukonferensie wat volgende week in Kaapstad plaasvind, wat kongresgangers kan verwag en hoe die Suid-Afrikaanse landbou-verhaal aan die internasionale gehoor gedeel sal word.
29 Oct 1AM 5 min

Agriskoops - 28 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoopsbestuurder by Sonfin, Tiaan Schutte. Sonfin is al vir meer as 15 jaar ’n leier op die gebied van alternatiewe energie-oplossings. Schutte gee ʼn oorsig van hulle dienste, wat hulle benadering uniek maak deurdat hulle ʼn volledige pad met boere stap, van…
28 Oct 1AM 5 min

Agriskoops - 27 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn insetsel deur die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor wat boere kan doen om voor te berei vir die komende seisoen wat heelwat uitdagings bied. Hy gee ook waardevolle raad aan boere hoe om te beplan vir die…
27 Oct 1AM 4 min

Agriskoops - 26 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy All Solar, Nico Smit. Hy gesels oor hoe ʼn besigheid belasting kan terugeis in terme van ʼn sonkragstelsel. Hy verduidelik hoe 'n besigheid werklik in terme van rande en sent bespaar deur Artikel 12B te gebruik, asook ander…
26 Oct 1AM 5 min

Agriskoops - 23 Oktober 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met dokter Gerhard Verdoorn. Hy is die bestuurder van CropLife SA se produkverantwoordelikheids-organisasie. Hy gesels oor die verantwoordelike bestuur, verpak en gebruik van plaagdoders op jou plaas.
23 Oct 2AM 5 min
1 – 20