
Agriskoops - 16 November 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops luister ons na die uitvoerende hoof van AfriForum Kallie Kriel en die voorsitter van die Stokwe-Ndela koninklike familie, Bhekisizwe Ngaleka. Hulle vertel meer oor samewerking tussen die twee entiteite op landbou-gebied. AfriForum en Nkosi Zweloxolo Stokwe van die AmaQwathi-kultuurgemeenskap het begin November op die Prinses Emma Sandile Plaas in die Cala-omgewing in die Oos-Kaap die Nomakhosazana inheemseveldbok-inkubasieprojek met 21 Nguni-inheemse veldbokke afgeskop.

