Klank Kompas Onverwagse Oomblikke

Onverwagse Oomblikke

Hierdie is 'n podcast waar ons die heilige oomblikke van die alledaagse ontdek - waar God op gewone plekke, ongewone dinge doen. Elke week gesels DJ Muller met Braam Hanekom oor persoonlike belewenisse, waar hy getuie was van hoe die hemel op aarde deurgebreek het.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity Narrated by Braam Hanekom
5 Episodes

Ep. 5 - Dít kan gebeur wanneer die kerk opstaan

SAFCEI het ’n sleutelrol gespeel in die suksesvolle verwerping van die 2.5 GW kernkrag-aanleggingsplan deur Minister Ramokgopa. Hulle het, saam met Earthlife Africa Johannesburg, die wettigheid van die besluit uitgedaag en aangevoer dat daar onvoldoende openbare konsultasie was, wat gelei het tot die terugtrekking van die plan. Braam het vertel…
20 Aug 8 min

Ep. 3 - Om geanker in Jesus, groot te droom

Braam praat in hierdie episode met ons vanuit Graaff-Reinet, waar hul tans besig is met motiveringsgesprekke met jongmense by plaaslike skole. Hy vertel van die krag daarvan om groot te droom en om in Jesus geanker te wees.
16 Jul 8 min

Ep. 2 - 'n Sensitiewe én gehoorsame 7-jarige

In die meeste plekke in ons land is dit hierdie week yskoud en papnat. Duisende mense verkeer tans in geweldige nood. In hierdie episode deel Braam ‘n storie oor sy kleinseun van 7, en hoe dié die nood van ‘n man wat parkering aanwys op ‘n pragtige naïewe wyse raaksien,…
9 Jul 12 min

Ep. 1 - Gesinslewe in huis én land

Braam vertel van heilige oomblikke toe hy die president se inhuldiging bygewoon en kort daarna weer kosbare tyd saam met sy gesin spandeer het. Beide het hom 'n gevoel van dankbaarheid vir 'n besondere gesinslewe laat ervaar - ’n gesin by die huis, én ’n gesin van mede landsburgers.
2 Jul 11 min