GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
546 Episodes
1 – 20

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min

Craig Hinds - Watershed

Die hoofsanger van Watershed, Craig Hinds, kuier by Annelie in die studio en gesels oor die band se 26 jaar in die bedryf, hulle nuwe single en hy het sy kitaar gebring
9 Oct 25 min

Petro en Estelle - Stem sel oorplanting

Annelie gesels met Petro en Estelle oor DKMS Africa en stemsel oorplanting in orgaan skenkers maand. Petro het 'n stemsel skenking gedoen vir Estelle se baba Lydia 3 jaar gelede en so haar lewe gered. Hulle kon nou vir die eerste keer ontmoet. Ons gesels oor skenking en wat dit…
29 Sep 20 min

Marko Stavrou - The Gen Z Guy

Annelie praat met Marko Stavrou, the Gen Z Guy, oor die social trend van Gen Z'rs wat wil hê dat Millenials moet aftree sodat hulle, hul werke kan kry
22 Sep 14 min

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min

Conbad

Conbad (Conrad Rudolph) kuier met sy kitaar op #MIRRAG om te gesels oor nuwe musiek!! Hy gesels meer oor sy enkelsnit “Ever Young” en die storie agter hoe hy pen op papier sit.
26 Aug 21 min

John Jones - C12

John Jones kom vertel meer oor C12 en die C12 konferensie wat in September 2026 plaasvind. Hy leer ons oor hoe jy jou besigheid in 'n bediening kan verander
25 Aug 27 min

Maandag motivering - Bid sonder ophou

1 TESSALONISENSE 5:17-18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953) Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
24 Aug 4 min

Nádine vier 30 jaar in die musiek bedryf

Nádine het op Mirrag met Annelie kom kuier om te gesels oor haar 30 jaar in die musiek bedryf en die optrede wat sy gaan hê om dit te vier. Annelie het ook 'n paar verrassing vir haar gehad
13 Aug 25 min

Tuin

Tuin het 'n nuwe liedjie! Mooiste monster gaan oor self vergifnis en self liefde. Tuin het ook haar kitaar saam gebring en het die Vrydag net beter gemaak
13 Aug 26 min

Richann Brussow

Richann kuier op #MirragmetAnnelie om te gesels oor sy nuwe enkelsnit "Dans in die mielielande" en Annelie het besluit om sy boerdery kennis te toets
21 Jul 23 min

Eldon van Aswegen - Fosta dokumentêr

Die regiseur Eldon van Aswegen, gesels met Annelie op Mirrag oor sy nuwe dokumentêr "Fosta" wat gaan oor Thulani ‘Fosta’ Headman, ’n voormalige bendelid van Langa, wat uit die tronk terugkeer, vasbeslote om elektroniese musiek te gebruik om sy lewe te herontdek.
17 Jul 11 min

Philly

Philly kuier by Annelie in Mirrag om te gesels oor wat hy sy beste liedjie nog noem. Sy nuwe liedjie "Spook van jou" is nou beskikbaar
14 Jul 15 min

Nicholis Louw en Pieter Pruis

Nicholis Louw en Pieter Pruis neem die Mirrag met Annelie ateljee oor! Hulle gesels oor hulle nuwe liedjie "Feit soos 'n koei" en is sommer net lekker laf so op 'n Vrydag middag.
3 Jul 25 min
1 – 20