Maandag Motivering 2 November 2026

Loading player...
1 Tessalonisense 5:18 sê: "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag."
Let mooi op: Die Woord sê nie ons moet net dankbaar wees wanneer alles goed gaan nie. Dit sê ons moet in alle omstandighede dankbaar wees.
Dit beteken nie dat ons nie swaarkry nie. Dit beteken nie dat ons nie mag droom vir meer, of bid vir verandering nie. Dit beteken bloot dat ons nie
moet toelaat dat dit wat ons nog begeer, ons blind maak vir dit waarmee God ons reeds geseën het nie.
En ná verlede week se Gee Week wil ek ons aan iets herinner: Wanneer jy besef hoeveel jy ontvang het, begin jy anders kyk na wat jy kan gee.
2 Nov Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Maandag Motivering 9 November 2026

Moenie so besig wees om môre te oorleef dat jy vandag mis nie. Ons raak so maklik vasgevang in alles wat nog moet gebeur. Die dinge waaroor ons bekommerd is, die antwoorde waarvoor ons wag, die deure wat nog nie oopgegaan het nie en die uitdagings wat voorlê. Ons leef…
9 Nov 3 min

Phillipstown Draadkar Grandprix

Annelie gesels met Kay Fourie die stigter en voorsitter van die Phillipstown WireCar foundation oor die dokumentêr wat gemaak is oor hulle jaarlikse draadkar kompitisie genaamd Phillipstown Draadkar Grandprix wat genomineer is vir 'n Emmy toekenning
6 Nov 8 min

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min