Die DA in Mpumalanga het ‘n brief gerig aan die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, om ‘n plan op te stel oor hoe leerlinge wat vir drie weke skool misgeloop het weens protesaksie oor dienslewering, hul skoolwerk gaan opvang. Annerie Weber, ‘n lid van die wetgewer en die DA se…
‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy…
Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Fidelity ADT Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi. Die 2022-kampioene het die afgelope naweek die Griekwas laat les opsê in Kimberley en speel nou drie wedstryde tuis. Die Leeus, daarteenoor, moes hard werk vir hul een-punt-oorwinning…
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, skop môre by MC Zitha Sekondêr in Nkomazi haar departement se Mandelamaand-vieringe af. Die tema waaronder dit vanjaar gevier word is: “Dit is in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg.” ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê amptenare sal,…
# AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp en Mbombela help sedert die naweek om die verwoestende brande wat reeds meer as 4-duisend-500-hektaar se plantasies en makadamiaboorde vernietig het te beveg – in samewerking met die Laeveld-brandbeskermingsvereniging en gemeenskapslede. Arlo van Heerden, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, benadruk dat…
'n Voormalige plaasbestuurder van Hazyview is gister deur die Nelspruit Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind op 20 aanklagte van bedrog van meer as R4,4 miljoen. Kenneth Keletso Chiloane moes in 2012 Koeltehuis se geelvlootbesigheid bestuur wat toerusting gelewer het aan Komani. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in…
Die DA doen ‘n beroep op die nuut-aangestelde LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Speedy Mashilo, om die Victor Khanye-munisipaliteit (in Delmas) onder administrasie te plaas. Diane Bath, die DA koukusleier, sê dit het aan die lig gekom dat die provinsiale tesourie die munisipaliteit se finansies fyn dophou, na sy…
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle stoei vanoggend om twee veldbrande onder beheer te kry. Volgens André Scheepers van Lefpa woed een tussen Witrivier en Sabie en Hazyview en die ander in die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind waai nog kwaai in areas, wat hul taak aansienlik bemoeilik. Saam met droë, warm…
Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela-stadion teen die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die Puma-span begin nou vorm aanneem en die Leeus het die kompetisie self op 'n wennoot afgeskop:…
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord…
Elf Ugandese verskyn vandag in die landdroshof in Ermelo in verband met die onwettige besit van vervalste geld met ‘n sigwaarde van drie-miljoen-Rand. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes, wat sakke by hulle gehad het, is Donderdag in hegtenis geneem. Mdhluli sê hulle het verdag opgetree en…
Die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza is gister in Pienaar opgegrawe. Sy is Woensdagoggend ontvoer. Haar liggaampie is verbrand en in 'n vlak graf begrawe - agter die huis van die 18-jarige moordverdagte se ouma. Dieselfde man word deur die polisie aangehou weens die moord op Junior Mabandla. Die…
‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Volgens die Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof buite Malalane in Augustus. Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy is borgtog toegestaan. Bloedtoetse…
‘n 18-jarige wat verbind word met die verdwyning van twee kinders in Pienaar buite Mbombela, is onder polisiebewaking in die hospitaal na gemeenskapslede hom gisteraand aangerand het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die man het glo teenoor die mense erken hy het met die kinders se verdwyning…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys betreur die afsterwe van die Kringbestuurder vir Lekwa-Oos, Themba Ndlovu. Hy is Vrydagaand oorlede nadat hy by sy huis inmekaargesak het. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het vanoggend by sy familie besoek afgelê om haar medelye te betuig. Die woordvoerder van die department, Gerald…
Die man wat aangekla word van aanhitsing van openbare geweld is gister deur die Nelspruit-streekhof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Xolani Gregory Khoza word ook aangekla van die aanhits van terrorisme en intimidasie na hy op sosiale media ‘n beroep gedoen het vir 'n nasionale afsluiting en die verwydering van president…
Die grenspolisie het ‘n man wat na bewering meer as 4-miljoen-Rand se dwelms oor die grens probeer smokkel het, by Lebombo aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die metamfetamien Vrydagaand versteek gevind in ‘n verskuilde kompartement in die kombi wat die 36-jarige verdagte vanaf Mosambiek bestuur…
‘n Poging om ‘n transitoroof uit te voer is Vrydagmiddag op die Mngwenya-pad in Kanyamazane buite Mbombela gefnuik, na polisielede spoedig gereageer het. Geen kontant is gesteel nie en niemand is leed aangedoen nie. Niemand is nog aangekeer nie. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die polisie werk onverpoosd…
'n Sekuriteitswag is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê vir moord na hy op 5 Desember 2018 ‘n jongman doodgeskiet het.
26 Jun 2024 5AM
1 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.