100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,142 Episodes
1 – 20

77 Verdagtes die naweek in Mpumalanga aangekeer

'n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”. Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie en oortreding van die Wet op Immigrasie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi…
29 May 3AM 1 min

Saak teen vermeende renosterstropingsindikaat tot Julie uitgestel

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan 'n renosterstropingsindikaat. Die woordvoerder van die N-V-G, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Twee…
26 May 8AM 1 min

Pumas moet teen Bulle wen om veilig te bly

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Die Mpumalanga-span kan tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die…
26 May 2AM 1 min

LUR besoek sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Mbombela

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te…
25 May 6AM 1 min

DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag

Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings…
24 May 8AM 1 min

Mpumalanga begin ondersoek na Mkhondo-munisipaliteit se finansies 

Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla…
24 May 6AM 1 min

Manzini maan motoriste om by padreëls te hou na busongeluk

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou. Dit is na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het. ‘n Minibus-taxi het glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die…
23 May 5AM 1 min

Leerlinge ongedeerd na busongeluk in Acornhoek

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het saam met die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vandag Tsakane Spesiale Skool besoek na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders na die skool vervoer het. 'n Taxi het na bewering 'n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop…
23 May 5AM 1 min

Skok na taxi teen skoolvervoer-bus bots in Mpumalanga

Die provinsiale regering het sy skok uitgespreek ook ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het in Mpumalanga. Volgens die onderwysdepartement het ‘n minibus-taxi ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bus…
23 May 3AM 1 min

Action SA-lid verkla ANC-lid na beweerde aanranding by 'n begrafnis in Barberton

‘n Lid van Action SA het ‘n saak van aanranding geopen omdat hy na bewering Saterdag tydens 'n begrafnis in Barberton deur 'n ANC-lid aangerand is. Bonginhlanhla Khumalo was aanvanklik ‘n LGBTQ+-koördineerder vir die ANC, maar het intussen by Action SA aangesluit. Thoko Mashiane, die voorsitter van die party in…
22 May 7AM 1 min

Mpumalanga wil die matriekslaagsyfer met 6-persentasiepunte verbeter

Die Mpumalanga Departement van Onderwys teiken vanjaar ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent. Ten einde matrikulante te motiveer, bring die LUR, Bonakele Majuba, môre ‘n besoek aan graad 12-leerlinge in die Siyabuswa-distrik. ‘n Slaagsyfer van 76-komma-8-persent is verlede jaar in die provinsie behaal, wat self ‘n verbetering van 3-komma-2-persent was oor 2021…
22 May 7AM 1 min

Drie in hof na man by drinkplek in Mpumalanga doodgesteek is

Drie verdagte begin vandag hul borgaansoek in die Carolina-landdroshof na hulle na bewering op 30 April ‘n man doodgesteek buite ‘n drinkplek. Volgens die polisie in Mpumalanga is die 23-jarige Sabelo Khumalo na 'n argument verskeie kere gesteek. Kwanele Khumalo, Khulekani Sibiya en Siyabonga Nkosi is verlede week aangekeer. Volgens…
22 May 7AM 1 min

Solidariteit gaan binnekort die hof nader oor die Diensbillikheid-wet

Die vakbond Solidariteit sê sy regspan sal binnekort hofstukke indien in sy uitdaging van die Wysigingswet op Diensbillikheid wat president Cyril Ramaphosa in April as wet onderteken het. Die wet vereis dat werkgewers met meer as 50 personeellede diensbillikheidsplanne moet indien, wat spesifiseer hoe hulle die teikens sal bereik. Connie…
22 May 5AM 1 min

Sewe van sekerheidsmaatskappy in Masoyi vasgetrek weens vuurwapens oortredings

Sewe werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) oortree het. Volgens die polisie word hulle ook aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die…
22 May 5AM 1 min

Statistieke SA dra by tot loodsprojek van e-leer-program in Mpumalanga

Statistieke Suid-Afrika het 7-duisend-500 tablette aan die Mpumalanga Onderwysdepartement geskenk om die Ubuhlebuzile e-leer-program in agt skole te loods. Dit is gister by “Acorns to Oaks” Sekondêr in Bosbokrand deur die Statistikus-Generaal, Risenga Maluleke, oorhandig en sal alle Graad 8 tot 12-leerlinge toegang gee tot leer met tegnologie. Calvin Molongoana,…
19 May 5AM 1 min

DA bekommerd oor kragopwekkers by Mpumalanga-hospitale

Die ANC het gister in die provinsiale wetgewer teen ‘n DA-mosie gestem om te verseker dat elke gesondheidsfasiliteit in die provinsie ten minste een funksionerende kragopwekker het en dat hulle gereeld nagesien word. Dit volg na Middelburg-hospitaal die naweek ‘n kragopwekker moes leen om tydens beurtkrag te funksioneer nadat sy…
19 May 5AM 1 min

Nuusberig: Twee keer lewenslank vir man wat vriendin en haar suster vermoor

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Dit is vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko (46) en haar suster, sers. Marcia Mazibuko (41) in Kanyamazane verlede jaar. Hulle is op 15 Mei 2022 doodgeskiet.
19 May 4AM 2 min

Twee lewenslange vonnisse vir man wat vriendin en haar polisiebeampte suster doodskiet

Hlabirwa Rassie Nkune is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela, vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster, sersant Marcia Mazibuko in Kanyamazane verlede jaar. Marcia was ‘n polisiebeampte. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica…
19 May 2AM 1 min

Lekwa-burgemeester oorleef aanslag op sy lewe

Die burgemeester van Lekwa-munisipaliteit, Delani Thabethe, het gisteraand ‘n aanslag op sy lewe oorleef toe twee gewapende mans buite sy huis in Standerton op hom losgebrand het. Die polisie in Mpumalanga het bevestig dat hulle ‘n saak van poging tot moord ondersoek. Thabethe is nie getref nie. Volgens die woordvoerder,…
18 May 7AM 1 min
1 – 20