Bedrieër word in September gevonnis

Loading player...
'n Voormalige plaasbestuurder van Hazyview is gister deur die Nelspruit Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind op 20 aanklagte van bedrog van meer as R4,4 miljoen. Kenneth Keletso Chiloane moes in 2012 Koeltehuis se geelvlootbesigheid bestuur wat toerusting gelewer het aan Komani. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hy bedrieglike fakture by Komani ingedien, wat ‘n bankrekening verskaf het van 'n korporatiewe entiteit waarvan Chiloane die eienaar was. Die saak is tot 13 September 2024 uitgestel vir voorvonnisverslae en vonnisoplegging.
10 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min