Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom vir 'n sekuriteitswag vir moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Sarel Petrus du Plessis is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg met ‘n addisionele 38 jaar wat samelopend uitgedien sal word. Volgens…
‘n 53-jarige sekuriteitswag is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord in 2018 op ‘n 14-jarige seun. Die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg het bevind Sarel Petrus du Plessis het Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Kamhlushwa in die Nkomazi-area met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk…
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het die wrede moord op 'n sekuriteitswag by Malekutu Primary in Kabokweni, ten sterkste veroordeel. Elliot Mndlovu se lewelose liggaam is Sondag in die vroeë oggendure ontdek. Boewe het omstreeks 3-uur by die skoolperseel ingebreek. ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat op die skool se…
Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister. Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp. In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer. In…
Die polisie in Mpumalanga se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywehet ‘n beloning van 20-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor ‘n sesjarige seuntjie wat al amper drie weke vermis word in Pienaar. Junior Mabandla is die middag van 3 Junie laas gesien toe hy sy ouerhuis verlaat het om ‘n…
'n Voormalige AO wat intussen afgetree het, het gister in die Delmas-landdroshof verskyn vir beweerde regsverydeling en peuter met bewysstukke. Die 60-jarige Samuel Bassie Mahlangu se hofverskyning kom na hy glo bewysstukke in ‘n ondersoek na onwettige mynboubedrywighede in ‘n asblik weggegooi het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga,…
Die DA in Mpumalanga het grootliks die premier, Mandla Ndlovu se nuwe kabinet verwelkom as gesoute politici, maar het kapsie gemaak teen die behoud van enkeles. Bosman Grobler sê Sasekani Manzini gaan die gesondheidsektor verder vernietig en Speedy Mashilo behoort nie met Samewerkende Regering vertrou te word nie.
'n 35-jarige konstabel verbonde aan die Ermelo-polisiestasie is Sondag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motorkaping en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Dit volg na die kaping Saterdag van ‘n VW Polo. Die slagoffer het twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee toe hulle hom ontvoer en gedwing het…
'n 29-jarige burger van Zimbabwe sal na verwagting vandag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord wat afsonderlik in die Vosman-area gepleeg is. Nkosinathi Mashele is in Februarie aangerand en Sondag Nkosi is in Oktober 2022 doodgeskiet. Polisiebeamptes het die verdagte glo herken toe hy Donderdag in die…
'n Gewoonte-misdadiger is gister 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof vir stroopverwante misdrywe. Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is. Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy 'n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin…
Die polisie soek ‘n verdagte wat na vermoede sy vriendin vermoor het in Buffelspruit naby Schoemansdal. Die 48-jarige Ntokozo Khaliphako se liggaam is op 4 Junie ontdek en die polisie glo haar mansvriend, wat intussen verdwyn het, is verantwoordelik. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle het 'n massiewe soektog…
Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer. Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die…
Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het vanoggend 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier verkies. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesouries van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Die genomineerde premierskandidaat is die ANC se provinsiale…
Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels…
Die Hooggeregshof in Mpumalanga het ‘n burger van eSwatini gister skuldig bevind en gevonnis vir die moord in 2021 op sy minderjarige vriendin in Masoyi. Die 26-jarige Khulekani Mpendulo Maziya se 15-jarige vriendin, Confidence Nomfundo Mabuye, is op Kersdag 2021 as vermis aangemeld deur haar familie. In Augustus 2022 is…
‘n 40-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê deur die KwaMhlanga-streekshof vir die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Abashon Posh Mayo en sy slagoffer was bure ten tyde van die voorval in 2012. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê die hof het die voorgeskrewe vonnis opgelê…
‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van…
Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit het ‘n beroep gedoen op die ANC administrasie om ‘n gebeurlikheidsplan te ontwikkel om watertoevoer in Evander te verseker. Volgens Ansie van Marle, DA-raadslid, was inwoners teen gister reeds agt dae sonder water. Sy sê daar is nie ‘n noodpomp om langdurige onderbrekings te verhoed…
Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle. ‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind. ‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek. Haar…
Die Valke in Mpumalanga soek na gewapende rowers wat Saterdagmiddag ‘n transitoroof op twee Fidelity-voertuie uitgevoer het in die omgewing van Thulamahashe. ‘n Groep van ongeveer 20 gewapende aanvallers het glo toegeslaan en die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig geskiet en gewond. Hulle het op die gepantserde voertuig geskiet om dit…
10 Jun 2024 4AM
1 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.