Mandla Ndlovu as Mpumalanga premier verkies

Loading player...
Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer. Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Ndlovu sal om 2-uur vanmiddag ingesweer word. Masina het onderneem dat lede van die Wetgewer saam sal werk ter wille van inwoners.
14 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min