Zimbabwiese man aangekla van twee moorde in eMalahleni

Loading player...
'n 29-jarige burger van Zimbabwe sal na verwagting vandag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord wat afsonderlik in die Vosman-area gepleeg is. Nkosinathi Mashele is in Februarie aangerand en Sondag Nkosi is in Oktober 2022 doodgeskiet. Polisiebeamptes het die verdagte glo herken toe hy Donderdag in die hof verskyn het weens beweerde sakeroof en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en hy is aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle ondersoek of hy ook met ander misdade verbind kan word.
18 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min