Vier vermeende onwettige mynwerkers vas

Loading player...
Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister. Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp. In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer. In die tweede voorval is drie verdagtes gearresteer met vier emmers gouddraende materiaal in die kattebak van hul voertuig.
21 Jun 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min