Voormalige Govan Mbeki-burgemeester verkies tot Speaker in Mpu-wetgewer

Loading player...
Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het vanoggend 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier verkies. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesouries van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Die genomineerde premierskandidaat is die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu. Die verkose premier sal om 2-uur vanmiddag ingesweer word. Masina het onderneem dat lede van die Wetgewer saam sal werk ter wille van inwoners.
14 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min