Renosterstroper 19 jaar tjoekie toe gestuur

Loading player...
'n Gewoonte-misdadiger is gister 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof vir stroopverwante misdrywe. Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is. Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy 'n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin doodgeskiet het. Hy is skuldig bevind aan betreding in die Krugerwildtuin, die besit van 'n vuurwapen, sameswering om 'n misdryf te pleeg, die besit van ammunisie en die besit van 'n gevaarlike wapen. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga:
17 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min