Curriebeker: Pumas wil Leeus voor seer maak

Loading player...
Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Fidelity ADT Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi. Die 2022-kampioene het die afgelope naweek die Griekwas laat les opsê in Kimberley en speel nou drie wedstryde tuis. Die Leeus, daarteenoor, moes hard werk vir hul een-punt-oorwinning oor die Haaie in Durban. Corné Steenkamp, die Pumas se hulpafrigter, sê hulle beoog om die besoekers voor te domineer. Die afskop is om 7-uur.
11 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min