Vermeende transitorower weens 2020-saak herarresteer

Loading player...
‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Volgens die Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof buite Malalane in Augustus. Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy is borgtog toegestaan. Bloedtoetse het hom intussen verbind met ‘n transitoroof wat in Julie 2020 in Msogwaba uitgevoer is. Hassane is Woensdag herarresteer en aangekla van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Die saak is uitgestel tot 26 Julie vir oorplasing na 'n streekshof.
4 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min