Lefpa bestry steeds vier brande te midde van hoë brandgevaar in Laeveld

Loading player...
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak te midde van volgehoue droë, warm toestande. Lefpa vra mense om geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie.
10 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min