Liggaam van driejarige dogtertjie in Pienaar ontdek

Loading player...
Die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza is gister in Pienaar opgegrawe. Sy is Woensdagoggend ontvoer. Haar liggaampie is verbrand en in 'n vlak graf begrawe - agter die huis van die 18-jarige moordverdagte se ouma. Dieselfde man word deur die polisie aangehou weens die moord op Junior Mabandla. Die oorskot van die sesjarige is Woensdagaand in in die begraafplaas opgegrawe na hy 'n maand vermis was. Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy deur gemeenskapslede aangerand is.
5 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min