Mpumalanga betreur afsterwe van befaamde onderwyser

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys betreur die afsterwe van die Kringbestuurder vir Lekwa-Oos, Themba Ndlovu. Hy is Vrydagaand oorlede nadat hy by sy huis inmekaargesak het. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het vanoggend by sy familie besoek afgelê om haar medelye te betuig. Die woordvoerder van die department, Gerald Sambo, het Ndlovu beskryf as een van die mees suksesvolle kringbestuurders in die provinsie met Lekwa-Oos wat in 2022 as die bes-presterende kring in Mpumalanga aangewys is.
2 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min