Met 'n moontlike nat en koeler naweek wat voorspel word, waarsku weerkenners dat Namibiërs nie te gerus moet raak en dink dit gaan 'n koel en nat Desember en Januarie wees nie. Professor in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, professor Willem Landman, sê 'n baie sterk El Niño het…
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê toegang tot grond alleen is nie genoeg om meer swart boere te help om suksesvolle kommersiële produsente te word nie. Tydens 'n toespraak by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê die regering werk daaraan om ongeveer 2,5-miljoen-hektaar verkrygde grond…
Met temperature wat Donderdag in die hoofstad in die lae- tot middel-dertigs gedraai het, kan Windhoekers ‘n veel koeler en moontlike nat naweek verwag. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê oor die res van die land, behalwe vir die kus, het middagtemperature die week ook in die dertigs gekuier. Hy sê…
Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee…
Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering respekteer die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielaansoeke, maar is bekommerd oor onbedoelde gevolge. Sy het die media toegespreek ná die komitee se vergadering. Kubayi sê die uitspraak wettig nie onwettige migrasie nie en verleen ook nie outomaties vlugtelingstatus…
Standard Bank Namibië het 'n URewards-kompetisie van stapel gestuur wat aan kliënte 'n reis na Suid-Afrika bied om te kyk hoe African Stars teen Orlando Pirates in die Orlando-stadion speel. Melissa Mouton, die bank se bestuurder vir kaartuitreiking, sê die kompetisie hou verband met die bank se URewards-kontantterugbetalingsprogram.
Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf…
Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië het die LPM se kritiek op staatsverkryging in die konstruksiesektor verwelkom. Die LPM beweer dat Chinese maatskappye groot infrastruktuurprojekte ter waarde van ongeveer 6,7 miljard Namibiese dollar bekom het, terwyl Namibiese kontrakteurs toenemend na subkontrakteringsrolle gedwing word. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel…
NamWater sê hy het onmiddellike behandelingsmaatreëls ingestel om die watergehalte in Rehoboth te verbeter, ten spyte daarvan dat inwoners steeds verkleuring van kraanwater ervaar. Die hoof- bedryfsbeampte, Andries Kok, het aangekondig dat NamWater sy chemiese dosering aangepas, gehaltetoetse verskerp en al die dorp se reservoirs skoongemaak het.
Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy…
Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot…
AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se…
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya,…
LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig…
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na…
NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.
8 Oct 5AM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.