Kanada se Anne Carson wen Nobelprys vir Letterkunde

Loading player...
Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee sê Carson word vereer vir haar oorspronklike en vernuwende werk, wat op klassieke tradisies voortbou en nuwe rigtings aan hedendaagse letterkunde gee:
8 Oct 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swem: SA Minister van Sport vra vir ondersoek na Swem SA se behandeling van Tatjana Smith

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee versoek om Swem Suid-Afrika te ondersoek oor die behandeling van die Olimpiese kampioen Tatjana Smith. Hy het die federasie gekritiseer omdat hulle haar beboet en haar prysgeld van 2023 se Wêreldkampioenskap teruggehou het te…
17 Nov 11PM 1 min

NTN voeg vertonings van Lammie Beukes-produksie by

Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) het bykomende vertonings van die Afrikaanse teaterproduksie oor Lammie Beukes aangekondig, weens belangstelling in die stuk. Die produksie sal aanvanklik op 27 en 28 November in Lüderitz opgevoer word, met verdere vertonings van 3 tot 5 Desember. Die stuk ondersoek temas soos moederskap, gesinsverhoudings…
17 Nov 11PM 1 min

Boere eis groter verteenwoordiging op bek-en-klouseer-taakspan

Die Namibiese Nasionale Boere-unie doen 'n beroep op beter konsultasie en ses verteenwoordigende setels op die nasionale bek-en-klouseer-taakspan. Die unie sê kommunale boere besit 81 persent van die land se beeste en 55 persent van sy bokke, maar word nie voldoende by besluitneming betrek nie. Die NNFU waarsku dat boere…
17 Nov 11PM 1 min

EIF ontken bewerings oor koste van Kunene-groenskemas

Die Omgewingsbeleggingsfonds, EIF, verwerp bewerings dat die koste van die Warmquelle- en Khowarib-groenskemas in die Kunene-streek tot 65 miljoen Namibiese dollar gestyg het. PDM-president McHenry Venaani het kommer uitgespreek oor moontlike finansiële wanbestuur en eis aanspreeklikheid oor die besteding van fondse en voordele vir plaaslike gemeenskappe. EIF-woordvoerder Nicole van Wyk…
17 Nov 11PM 1 min

Rassie Erasmus vir ses toetse geskors

Wêreldrugby het Springbok-afrigter Rassie Erasmus onmiddellik vir ses toetswedstryde geskors ná omstrede uitsprake oor skeidsregters se optrede in hul nasieskampioenskap-toets teen Frankryk, en Ierland se toets teen Fiji. SA Rugby het reeds ’n formele wangedragverhoor teen Erasmus aangevra. Wydlopende reaksie word uit die rugbywêreld ontvang, en Brenden Nel van Supersport…
17 Nov 10PM 1 min