
IVP sal verkiesingsuitslae ontleed voor enige koalisie-praatjies
Loading player...
Die Inkatha Vryheidsparty sê hy teken tans gemengde uitslae aan en sal dit deeglik ontleed voor koalisiegesprekke oorweeg word. Die party se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, het in die nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gesê die IVP het goeie vordering getoon in Umzumbe, waar die party reeds 15 uit die 20 wyke gewen het. Hy sê uitslae vanaf landelike munisipaliteite wat steeds inkom, kan die politieke prentjie aansienlik verander:

