Olieprys val skerp ná VSA-verkiesings

Loading player...
Brent ru-olie, die internasionale maatstaf, het Woensdag met sowat 9 persent gedaal, van net onder 105 Amerikaanse dollar per vat tot onder 94 dollar per vat. Dit het gevolg ná die Demokratiese party se oorweldigende oorwinning in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings, wat hoop laat opvlam het oor 'n de-eskalasie in die oorlog met Iran. Teen 4-uur vanmiddag was die olieprys 96 dollar 53 sent. Ekonoom Dawie Klopper sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit kan baie positief wees vir Namibië en Suid-Afrika.
5 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Hinda Boy' gereed vir uitdaging vanaand in Sandton

Namibië se opkomende MMA-vegter Veja Hinda, beter bekend as “Hinda Boy”, is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy loopbaan. Hy kom vanaand in die hoofgeveg van Extreme Fighting Championship 139 in Sandton teen Suid-Afrika se Godfrey “Feralspunky” Mkhwanazi te staan, wat ’n professionele rekord van ses oorwinnings…
5 Nov 9AM 1 min

Lede kan nou hul Orion-pensioene op WhatsApp monitor

Old Mutual Namibia het 'n WhatsApp-diens bekendgestel wat lede van die Orion Namibia Pensioen- en Voorsieningsfonds in staat stel om onmiddellik toegang tot hul voordeelstate te kry. Hoofbestuurder Monique Christiaan sê die hulpmiddel verwyder hindernisse en bemagtig lede om hul aftreespaargeld gerieflik dwarsdeur hul werkslewe te monitor.
5 Nov 9AM 1 min

August 26 help 'Gazza-firma' om militêre voertuie in te voer: Amupanda

AR-leier Job Amupanda beweer dat 'n maatskappy wat met die musikant Gazza verbind word, gekoppel word aan die aankoop van drie militêre voertuie, elk na bewering ter waarde van 18 miljoen Namibiese dollar. Amupanda beweer dat die voertuie uit Uganda verkry is deur middel van die staatsbeheerde verdedigingsmaatskappy, August 26…
5 Nov 9AM 1 min

Wise waarsku nuwe raad, kommisie om te werk, of...

Arbeidsminister Wise Immanuel het nuwe lede van die Arbeidsadviesraad en die Kommissie vir Gelyke Indiensneming gewaarsku dat afwesigheid en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid ernstige gevolge kan hê, insluitend ontslag. Hy het geykte verskonings en die stadige vordering met arbeidswetgewing-hervormings gekritiseer. Immanuel het die lede aangemoedig om te bedank indien hulle…
5 Nov 9AM 1 min

Demokrate fokus op lewenskoste, aanspreeklikheid

Die Demokratiese leier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, sê die party sal sy volle aandag op lewenskoste en aanspreeklikheid toespits en nie op president Donald Trump se vervolging nie. Die Demokrate het beheer van die Senaat en die Huis oorgeneem in Dinsdag se middeltermynverkiesing. Associated Press se…
5 Nov 8AM 1 min