Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
100 – 120

IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies

Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags…
8 Oct 5AM 1 min

September-inflasie styg tot 5,4%

Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo,…
8 Oct 5AM 1 min

WGO maak vordering met Ebola-nasporing in DRK

Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte,…
8 Oct 4AM 1 min

Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm

Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te verseker en ekonomiese groei te volhou. 
8 Oct 4AM 1 min

Trump herhaal omstrede LA- en San Diego-aanval-opmerkings

President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou,…
8 Oct 4AM 1 min

Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra

Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in…
8 Oct 4AM 1 min

SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit…
8 Oct 2AM 1 min

Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk

Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê  hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê  hy wil veral…
8 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging

Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheids-veiligheid te beskerm…
8 Oct 2AM 1 min

Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië…
8 Oct 1AM 1 min

DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig

Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na…
8 Oct 1AM 1 min

Amupanda vra vir regterlike hervormings

Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.
8 Oct 1AM 1 min

Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro

Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer…
8 Oct 12AM 1 min

984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid

Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent…
8 Oct 12AM 1 min

Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede

Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien…
8 Oct 12AM 1 min

Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter

Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die…
8 Oct 12AM 1 min

WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir…
7 Oct 11PM 1 min

Zimbabwe wil handelsbande met Namibië uitbrei

Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse…
7 Oct 11PM 1 min
100 – 120