Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra

Loading player...
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die Madala Hostel doodgeskiet. Maile se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê hierdie tragedie beklemtoon dat die beskerming en opvoeding van kinders die hele gemeenskap se betrokkenheid vereis:
8 Oct 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min